The Lions next play Scarlets at Ellis Park in the URC on 11 May 2025, kickoff is at 15:00 |
Is Akker en Swys saam in Rassie se droomspan? |
Post Reply ![]() |
Author | |
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40233 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() Posted: 23-Apr-2019 at 10:40am |
https://www.netwerk24.com/Sport/Menings/is-akker-en-swys-saam-in-rassie-se-droomspan-20190422
Op die wispelturige landskap van beroepsport lê die sout van die aarde yl gesaai en dís waarom Swys de Bruin se probleme ons almal s’n behoort te wees. Die Leeus se afrigter het laat verlede week sy span in Nieu-Seeland agtergelaat om terug te keer Suid-Afrika toe. Aanvanklik was daar ’n gerug dat dit weens interne konflik met een van sy base was, maar ek het gesukkel om dit te glo. Dit sal ’n geweldige lelike uitval moet wees voordat ’n afrigter sommer besluit om sy span die rug toe te keer op grond daarvan dat hy vir iemand kwaad is. De Bruin word in Suid-Afrikaanse rugby geken aan sy integriteit en daarom is sy verduideliking van ’n sensitiewe mediese toestand een wat nie bevraagteken hoef te word nie. Beroepsport is ’n ongenaakbare omgewing, wat geweldige druk op die betrokkenes plaas. Sommige verwerk dit beter as ander. Daar is verlede jaar bespiegel dat De Bruin ’n sterk kandidaat sal wees om die Springbokke af te rig wanneer Rassie Erasmus uitsluitlik op sy werk as ’n direkteur van rugby sal begin fokus (ná vanjaar se Wêreldbeker-toernooi). Vir De Bruin se kennis van die fyner besonderhede van die spel is daar uit alle oorde geweldige agting, maar as hy die Bok-breier word, sal die rapporteringslyne só moet werk dat hy toegelaat word om hom op die eintlike afrigting eerder as die sirkus om die span toe te spits. Ek glo egter nie dit sal die regte aanstelling wees nie. Die wondere wat De Bruin by die Leeus verrig het, was immers in ’n ondersteunende rol vir Johan Ackermann. Laasgenoemde, wat die hoofargitek van die Leeus se welslae die afgelope klompie seisoene was, brei tans vir Gloucester in Engeland. Gloucester lê derde op die puntelys in die Engelse Premierliga, agter die Exeter Chiefs en Saracens. Van al die Suid-Afrikaners wat oorsee afrig, behoort hy eerste op Erasmus se lys te wees van breiers om terug te lok. Ackermann se intellektuele kapitaal, tesame met sy goeie mensebestuur, sal ’n yslike aanwins wees. As Erasmus hom heeltyds op die vestiging van rugbystrukture gaan toespits, is dit immers belangrik dat hy Suid-Afrika se intellektuele kapitaal daarbinne huisves. Van ’n oorsese afrigter vir die Bokke is ek nie ’n voorstander nie. Dis meer as net ’n suiwer afrigtingspos en verg ’n passie en begrip vir die unieke landskap van ons samelewing en rugby wat net ’n Suid-Afrikaner kan snap. Op die onlangse Varsitybeker-eindstryd het iemand my gevra of dit waar is dat daar ’n poging aangewend word om die Crusaders se afrigter, die voormalige All Black-losvoorspeler Scott Robertson, Suid-Afrika toe te lok. Indien dit is, sal ek baie verbaas wees as Robertson aan die lokaas byt. Die All Black-breierspos is hom beskore – indien nie ná vanjaar se Wêreldbeker-toernooi nie sekerlik verder in die toekoms. Suid-Afrika het ook nie nodig om ’n Kiwi aan te stel nie. Daar is vrugte wat laer as dít hang. Maar ongeag wie dit uiteindelik is, behoort De Bruin se teenwoordigheid in die een of ander hoedanigheid ononderhandelbaar te wees. Spoedige beterskap aan ’n man onder die manne van Suid-Afrikaanse rugby. |
|
![]() |
|
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40233 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
Dit is dalk net die ding wat die Bokke nodig het!
|
|
![]() |
|
Leeubok ![]() Koning Leeu ![]() ![]() Joined: 31-Mar-2016 Location: KZN Status: Offline Points: 4954 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
Eerstens, dis Ackers, nie Akker. Akker speel haker vir die sharks.. LOL
Maar ja, sal dit nie n droom wees nie!
|
|
![]() |
Post Reply ![]() |
|
Tweet
|
Forum Jump | Forum Permissions ![]() You cannot post new topics in this forum You cannot reply to topics in this forum You cannot delete your posts in this forum You cannot edit your posts in this forum You cannot create polls in this forum You cannot vote in polls in this forum |