The Lions next play Scarlets at Ellis Park in the URC on 11 May 2025, kickoff is at 15:00 |
Straeuli: Dís waarom Crusaders so gedug is |
Post Reply ![]() |
Author | |
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40233 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() Posted: 25-Apr-2019 at 8:48am |
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/straeuli-dis-waarom-crusaders-so-gedug-is-20190424
Die Leeus se rugbyspan kan maar net hoop die gesegde “daar is altyd ’n eerste keer”, gaan op hulle van toepassing wees in Vrydag se Super-kragmeting met die Crusaders in Christchurch. Hulle kon nog nooit daarin slaag om die Nieu-Seelanders op hul tuisveld te klop nie. Die laaste keer wat die Leeus daar slae gekry het, was in verlede jaar se eindstryd. Die Leeus kon boonop nog net drie keer in Superrugby met die Crusaders afreken en dit was almal op Ellispark. Die eerste keer was in 1996 toe hulle met 55-23 baas was, daarna met ’n skrale 9-3 in 2007 en die mees onlangse oorwinning in 2016 met 42-25. Die Cats het wel in 2001 met 32-31 oor die Crusaders in Nelson geseëvier, maar daardie span was destyds ’n kombinasie van die Leeus en Cheetahs se beste spelers. Wat maak dit dan so moeilik om in Christchurch te wen? “Dit is die rugbykultuur wat daar heers. Christchurch is sinoniem met Crusaders-rugby en dit is ’n plek waar die mense bankvas agter hul span staan,” sê Rudolf Straeuli, die uitvoerende hoof van die Leeus. As Springbok het hy in 1994 daar sukses as speler geproe toe die Bokke in ’n toerwedstryd met Canterbury afgereken het. “Ek was al dikwels daar betrokke, eers as speler en toe as afrigter by die Haaie, maar sukses het maar min gekom. Dit is net ’n baie intimiderende plek om te speel en dit is ’n bastion vir die Crusaders waar hulle nie maklik ondergekry word nie. “Kyk ook maar net hoe staan die mense van daardie stad saam, soos wat gebeur het toe die aardbewing hulle getref het en ook met die onlangse tragedie (terreuraanvalle op die moskees). “Ek voel egter ons sal so gereed as moontlik wees vir hierdie wedstryd. Na wat ek uit die kamp verneem, verloop die voorbereiding goed en dit is ook ’n goeie span wat gekies is. “Ek wil egter nie enige druk op die spelers plaas nie, maar vertrou hulle sal tipiese Leeus-rugby speel en dit so goed doen as wat hulle kan. Ons behaal sukses met die rugby wat ons speel en sal nie nou daarvan afwyk nie,” verseker Straeuli. Ivan van Rooyen, wat die rol as hoofafrigter oorgeneem het by Swys de Bruin, wat weens stres teruggekeer het ná Suid-Afrika, sê hulle het Maandag in die reën geoefen en toe Dinsdag heelwat aandag aan hul verdediging gegee. Hulle is ook nou sonder ’n verdedigingsafrigter, met Joey Mongalo, wat skuldig bevind is aan onsedelike aanranding in Australië en ook terug is in Suid-Afrika. Woensdag het die span ’n afdag gehad. Van Rooyen sê al gee die Crusaders ook van hul All Blacks ’n blaaskans, het hulle steeds genoeg spelers wat al die swart trui gedra het. “Dit sal ’n geweldige leerproses vir ons jong span wees,” glo hy. Een van daardie nuwelinge is die plaasvervanger-haker, Jan-Henning Campher, wie se pa Lourens is en nie Coenie nie. Lourens is ’n voormalige stut van die Blou Bulle. |
|
![]() |
Post Reply ![]() |
|
Tweet
|
Forum Jump | Forum Permissions ![]() You cannot post new topics in this forum You cannot reply to topics in this forum You cannot delete your posts in this forum You cannot edit your posts in this forum You cannot create polls in this forum You cannot vote in polls in this forum |