Forum Home Forum Home > Lions Section > Lions Players News
  New Posts New Posts RSS Feed - Ervare bok Jannie kan Leeus kom regdokter
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions next play the Ospreys in Swansea in the URC on 30 March 2024, kickoff is at 17:05

Ervare bok Jannie kan Leeus kom regdokter

 Post Reply Post Reply
Author
Message Reverse Sort Order
Paul View Drop Down
Jong Leeu
Jong Leeu


Joined: 22-Apr-2017
Location: Gauteng
Status: Offline
Points: 244
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Paul Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Ervare bok Jannie kan Leeus kom regdokter
    Posted: 21-Nov-2019 at 4:05pm
Originally posted by PaBz0r PaBz0r wrote:

Waar lees julle dit?
Sport 24 en SA Rugby  (Keo)
Back to Top
PaBz0r View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu


Joined: 30-Mar-2016
Location: Pretoria
Status: Offline
Points: 2713
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote PaBz0r Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 21-Nov-2019 at 4:02pm
Waar lees julle dit?
Back to Top
Niela View Drop Down
Ervare Leeu
Ervare Leeu


Joined: 29-Apr-2019
Location: Johannesburg
Status: Offline
Points: 515
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Niela Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 21-Nov-2019 at 3:56pm
Dit lyk so ja. 

Not suprised ,

Ek voel baie jammer vir hom . Ek wonder wat so gebeur het as hy nie die game teen die chiefs gespeel het nie. Die hele Swys issue , het dalk WW so bietjie ge push om te speel , nou is hy basies klaar met speel.

Weereens ,dink ek nie hy moet die forwards coach wees nie. Lemmer is goed, Julian ook. WW kan eerder die defense en line out coach wees, hy kon altyd die game goed lees en was altyd "op die regte plek" op defense


Back to Top
Paul View Drop Down
Jong Leeu
Jong Leeu


Joined: 22-Apr-2017
Location: Gauteng
Status: Offline
Points: 244
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Paul Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 21-Nov-2019 at 3:20pm
Lees dat Warren nie in 2020 gaan speel nie
Back to Top
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39036
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 21-Nov-2019 at 8:02am
>>>Hy het reeds ’n huis in Bloemfontein gekoop en in die wandelgange is daar gissings dat hy hom moontlik by die Cheetahs kan aansluit

Klink of die onderhandelinge met hom dan deur die mat geval het, bietjie ver om elke dag van Bloem af JHB toe te ry vir oefening
Back to Top
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39036
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 21-Nov-2019 at 8:01am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/ervare-bok-jannie-kan-leeus-kom-regdokter-20191120

Met die terugkeer van die veteraan Springbok-vaskopstut Jannie du Plessis na Suid-Afrika, sal sy nuwe span, na verwagting die Leeus, baat by sy magdom ervaring.

Só sê een van Du Plessis se voormalige spanmaats by die Franse klubspan Montpellier, die Cheetah-kaptein, Ruan Pienaar.

Montpellier het Du Plessis Dinsdag op Twitter gegroet, wat ’n aanduiding is dat hy op pad huis toe is. 

Daar is die naweek berig dat onderhandelinge met Du Plessis en die Westelike Provinsie se stut Carlu Sadie in ’n gevorderde stadium is. Ná die twiet is die kans goed dat Du Plessis voortaan Johannesburg sy huis sal noem.

Du Plessis (37, 70 toetse) sal net soos Pienaar (35, 88 toetse), wat hom vanjaar by die Cheetahs aangesluit het, méér as net ’n rugbyspeler wees. Hy sal ook as mentor vir die jonger spelers dien – in Du Plessis se geval vir die stutte en in Pienaar se geval vir die skrumskakels.

Gegewe die uittog van senior spelers met hope ervaring, is dit goed dat kundigheid en ervaring na die land terugkom. Du Plessis is een van ’n paar spelers wat besluit het om na Suid-Afrika terug te keer en terug te ploeg. 

“Jannie sal ongetwyfeld baie ervaring na die Leeus bring en ek dink vir enige stut wat nog ontwikkel en vroeg in sy loopbaan is, is Jannie die perfekte persoon om daar te hê,” sê Pienaar, wat sommer in sy eerste week met sy aankoms by die Cheetahs, die Junior Springbok-skrumskakel Rewan Kruger, onder hande geneem het.

Hy sal beslis kom om sy rugby te geniet en ’n nuwe hoofstuk saam met die Leeus in Johannesburg te begin. “Jannie het baie kennis, hy is ’n wyse ou en die ouens by die Leeus sal beslis baie by hom leer. Ek dink dit gaan vir hom ook goed wees om terug te kom en tyd met sy familie te kan deurbring. Ek glo hy sal ’n goeie aanwins wees vir die Leeus.” 

Du Plessis, ’n mediese dokter, se senior loopbaan het in 2003 by die Vrystaat begin voor hy hom in 2008 by die Haaie aangesluit en toe in 2015 na Montpellier is.

Ook Pienaar het sy loopbaan by die Blikore begin en self later Bloemfontein vir Durban verruil.

Du Plessis se jonger broer, die Springbok-haker Bismarck, die senters Frans Steyn en Jan Serfontein, die losskakels Johan Goosen en Handré Pollard, die heelagter Henry Immelman, die slotte Jacques du Plessis en Paul Willemse (wat al vir Frankryk gespeel het), is die ander Suid-Afrikaners wat vir die Franse klub uitdraf.

Steyn (32), wat vanjaar die tweede Springbok-speler naas die legendariese Os du Randt geword het om ’n tweede Wêreldbeker-wennersmedalje om sy nek te hang, se kontrak met Montpellier verstryk in Junie 2020.

Hy het reeds ’n huis in Bloemfontein gekoop en in die wandelgange is daar gissings dat hy hom moontlik by die Cheetahs kan aansluit, maar na wat vertroulik verneem word, moet daar nog baie water in die see loop voor dit kan gebeur.

Pienaar sê dat Du Plessis ’n taai rugbyspeler met ’n goeie werketiek is, wat hy glo sal afvryf op sy spanmaats. “Behalwe vir sy harde werk, beskik hy ook oor goeie leierseienskappe. Hy was betrokke by spanne wat baie suksesvol was en bekers gewen het. Ek dink nie net die stutte by die Leeus nie, maar al die spelers sal baie by hom kan leer,” sê Pienaar.
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.090 seconds.