The Lions next play Scarlets at Ellis Park in the URC on 11 May 2025, kickoff is at 15:00 |
Treu wéér midde Kaapse afrigters-twis |
Post Reply ![]() |
Author | |
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40233 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() Posted: 21-Apr-2019 at 7:38am |
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/treu-weer-midde-kaapse-afrigters-twis-20190420
Daar is weer onmin in die Westelike Provinsie se rugbykamp. Dié unie se afrigters in die SuperSport-reeks is ontsteld omdat hulle glo hulle is in ’n WP-mediaverklaring as kwota-afrigters gebrandmerk. Die oud-Blitsbok-afrigter Paul Treu se bemoeienis by die kwessie het sake verder vertroebel. Van die mense is ongelukkig daaroor dat hy al hoe meer by spankwessies betrokke raak. Rapport verneem meer as een breier by die WP is ontstoke oor hoe Treu inmeng waar hy nie betrokke is nie. Hy het onder meer opgedaag by die Hoëprestasiesentrum (HPS) in Belville, waar die afrigters gebaseer is. Die poppe dans nou glo agter die skerms by WP Rugby nadat ’n grief in die binnekringe van die afrigtingskorps – wat vroeër deur die bestuur opgelos is – weer die tonge laat klap het en veral oor Zelt Marais, die huidige president, se hantering van die kwessie. Die “misverstand” – soos dit deur een ingeligte aan Rapport genoem is – het begin toe die Stormers hul afrigtingstrukture aangekondig het en in dieselfde verklaring na die afrigters in die SuperSport-uitdaagreeks as “geheel getransformeerd” verwys het. Volgens Rapport se inligting was die afrigtingspersoneel vir die SuperSport-reeks – hoofafrigter Jerome Paarwater en sy assistente Nazeem Adams, Rito Hlungwani, Chris October, Naasier Parker, Elliot Hanabe en spanbestuurder Cassiem Barnes – ontsteld oor die beskrywing, omdat dit hulle as “kwota-afrigters” brandmerk. Die groep was só ontsteld dat hulle ’n grief by Marais oor die kwessie ingedien het en nie by Paul Zacks, die unie se uitvoerende hoof, wat eintlik daarvoor verantwoordelik is nie. Terwyl dié groep en Zacks verlede week uiteindelik die lug gesuiwer het op ’n private vergadering, waarna die kwessie as ’n “misverstand” bestempel is, word nou aangevoer dat Marais en Treu albei die vlamme probeer stook met hul optrede. Treu het glo op ’n dag by die HPS opgedaag en daar aangedring om met “die swart afrigters” te praat. Dit het sowel die personeel as afrigters ontstel. Treu se nuwe pos is dié van prestasie- en innoveringsbestuurder vir die Stormers-franchise. Treu se kantoor is by die WP-hoofkwartier op Nuweland, waar hy naby Marais en Zacks sit. Drie onafhanklike bronne het aan Rapport bevestig dat daar ongelukkigheid in WP-kringe is met sy voortgesette betrokkenheid by WP-strukture. Dit kom ná ’n spelersopstand vroeër vanjaar nadat beweer is dat Marais vir Treu in Gert Smal se pos as direkteur van rugby wou aanstel. Smal het verlede maand uit sy pos bedank, voordat sy kontrak verstryk het. Rapport het vrae aan Marais, Zacks, Treu asook WP se kommunikasiebestuurder, Michael de Vries, gestuur. Treu het alle vrae na De Vries verwys, terwyl Zacks en Marais die WhatsApp-boodskap gelees, maar nie gereageer het nie. De Vries het per e-pos gesê ’n verklaring oor Treu se rol sal uitgereik word “sodra ons die fyner besonderhede uitgesorteer het. WP Rugby het besluit om weg te doen met die rol van direkteur van rugby, soortgelyk aan die Leeus en Haaie, en funksies van die posisie sal dus nou gedeel word tussen die uitvoerende hoof, Greg Hechter, Treu en senior professionele rugbyafrigters.” |
|
![]() |
|
Leeubok ![]() Koning Leeu ![]() ![]() Joined: 31-Mar-2016 Location: KZN Status: Offline Points: 4954 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
Treu klink of hy n ander woord vir n karton boks is..
|
|
![]() |
Post Reply ![]() |
|
Tweet
|
Forum Jump | Forum Permissions ![]() You cannot post new topics in this forum You cannot reply to topics in this forum You cannot delete your posts in this forum You cannot edit your posts in this forum You cannot create polls in this forum You cannot vote in polls in this forum |