The Lions next play Scarlets at Ellis Park in the URC on 11 May 2025, kickoff is at 15:00 |
Fleck in war oor klimtol-vertonings |
Post Reply ![]() |
Author | |
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40233 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() Posted: 21-Apr-2019 at 7:28am |
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/fleck-in-war-oor-klimtol-vertonings-20190420
Een tree vorentoe en twee treë terug. Dít was Saterdagaand die Stormers se afrigter, Robbie Fleck, se refrein nadat sy span hul Superrugby-wedstryd teen die Brumbies op Nuweland met 17-19 verloor het. Die Stormers het verlede naweek met die Rebels in Melbourne afgereken om hulself in ’n sterk posisie in die Suid-Afrikaanse groep te kry, maar ná die onverwagse nederlaag is hulle opnuut teen die toue. Dat die Stormers verloor het, was te danke aan hul totale onkunde op die aanval. Hulle het veldgebied oorheers en balbesit omtrent gekaap, maar kon min uitrig. “Ons het in die eerste tien minute 12 sagte punte afgestaan, maar die res van die wedstryd oorheers. Die Brumbies het die wedstryd stadig gemaak en die skeidsregter het hulle toegelaat om dit te doen. Alle eer egter aan die Brumbies vir hul verdediging. Ons het baie geleenthede geskep, maar die bal te dikwels verloor,” sê Fleck. Terwyl hy glo die Brumbies moes ’n geelkaart gekry het vir al hul onwettige spel wanneer die Stormers op die voorvoet was, aanvaar Fleck dat sy span selfondersoek moet doen. “Ons skram nie weg van die feit dat ons uitvoering beter moet gewees het nie. Ons moes meer van ons geleenthede in hul kwartgebied in punte omskep het. Ons het die bal te dikwels verloor,” het hy gesê. Terwyl dit ’n yslike terugslag vir die Stormers was, skep Fleck moed uit hoe naby die spanne aan mekaar is in terme van ligapunte in die Suid-Afrikaanse groep. “Daar was al baie verrassende uitslae. Ons het dit nou moeilik vir onsself gemaak en is met die rug teen die muur. Die meeste spanne in ons groep moet egter nog toer en die groep is wawyd oop,” het hy gesê. Die komende naweek se wedstryd teen die Bulle op Nuweland kan straks bepalend in die Stormers se lot wees. “Ons speel teen die leiers in die groep en sal weer sterk staan as ons wen. Daar wag ’n groot week op ons,” het Fleck gesê. |
|
![]() |
Post Reply ![]() |
|
Tweet
|
Forum Jump | Forum Permissions ![]() You cannot post new topics in this forum You cannot reply to topics in this forum You cannot delete your posts in this forum You cannot edit your posts in this forum You cannot create polls in this forum You cannot vote in polls in this forum |