The Lions next play Scarlets at Ellis Park in the URC on 11 May 2025, kickoff is at 15:00 |
Leeus: Min maanhare, maar daar is hoop |
Post Reply ![]() |
Author | |
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40233 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() Posted: 12-Apr-2019 at 8:17am |
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/leeus-min-maanhare-maar-daar-is-hoop-20190411
Die Leeus kan hulle – as motivering vir hul Superrugby-stryd teen die Brumbies Saterdag in Canberra – beroep op ’n uitstekende onlangse rekord Doer Onder. Oor die laaste drie jaar het die Leeus nege ligawedstryde in Australasië gespeel en vyf daarvan gewen. Hulle het ook in twee eindstryde daar in Nieu-Seeland gespeel en albei verloor. In Australië spesifiek is hul rekord in dié tyd nog beter, met vyf wedstryde gespeel en vier gewen. In 2017 het hulle al drie hul kragmetings Doer Onder gewen teen onderskeidelik die Force in Perth, Rebels in Melbourne en die Brumbies in Canberra. Verlede jaar het hulle die Waratahs in Sydney getroef en toe teen die Reds in Brisbane vasgeval. Die verskil vanjaar is egter dat die Leeus ’n kern van hul ervare spelers kwyt is en in die agttal wemel dit veral van melkbaarde. Die verskil vanjaar is egter dat die Leeus ’n kern van hul ervare spelers kwyt is en in die agttal wemel dit veral van melkbaarde. Ná die slagting op Ellispark verlede week (teen die Haaie), het Swys de Bruin, afrigter van die Leeus, nie geskroom om die snoeiskêr in te lê nie en het hy nege veranderinge, waarvan twee posisioneel is, aan sy beginspan aangebring. Een daarvan is die senter, Lionel Mapoe, wat in sy 100ste Superwedstryd vir die Rooibontes uitdraf. Hy skuif van binnesenter na buitesenter. Aphiwe Dyantyi, wat buitesenter teen die Haaie gespeel het, skuif na die gereelde posisie van linkervleuel. Ruan Combrinck is terug as regtervleuel, terwyl Franco Naudé die nuwe binnesenter is. Nic Groom neem by Ross Cronjé oor as skrumskakel. Voorlangs is daar twee veranderinge aan die lostrio, met Hacjivah Dayimani wat agtsteman speel en die slot Stephan Lewies wat na flank skuif. Johannes Jonker is die vaskopstut, met die jongeling Nathan McBeth wat kans kry aan die loskopkant. Dit is duidelik dat die Leeus soveel as moontlik spierkrag tot hul beskikking voorlangs wil hê, maar of dit voldoende gaan wees, sal nog gesien moet word. Boonop is Canberra tradisioneel ’n plek waar Suid-Afrikaanse spanne sukkel. Ofskoon die Leeus op hul laaste besoek daar gewen het, het Suid-Afrikaanse spanne deur die jare bitter min sukses daar behaal. De Bruin sê een van die redes hiervoor is dat die tuisskare daar graag besoekers probeer intimideer. “Die toeskouers skroom nie om jou dinge toe te snou nie en hulle maak dit nie vir jou maklik nie,” het hy gesê. Twee jaar gelede het die Leeus net-net daar deurgeskraap met ’n veel meer ervare span as wat Saterdag ingespan word. Met iemand soos Lewies, wat boonop uit posisie gespeel word, en onervare stutte soos Jonker en McBeth, lyk die agttal maar aan die liggewigkant, en dit is juis voorlangs waar die Leeus hierdie seisoen geboelie is en Saterdag weer dieselfde soort van behandeling kan verwag. Andries Coetzee (86 wedstryde), Ruan Combrinck (68), Lionel Mapoe (116), Franco Naude (4), Aphiwe Dyantyi (20), Elton Jantjies (126), Nic Groom (70), Hacjivah Dayimani (17), Stephan Lewies (69), Cyle Brink (37), Marvin Orie (34), Rhyno Herbst (7), Johannes Jonker (28), Malcolm Marx (61, k), Nathan McBeth (3). PLAASVERVANGERS: Robbie Coetzee (45), Sti Sithole (20), Carlu Sadie (16), Wilhelm van der Sluys (12), Marnus Schoeman (24), Ross Cronje (81), Gianni Lombard (4), Sylvian Mahuza (34). |
|
![]() |
|
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40233 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
>>nege veranderinge, waarvan twee posisioneel is, aan sy beginspan aangebring.
Die skrywer het verkeerd getel, dis 10 en 3 posisioneel
|
|
![]() |
Post Reply ![]() |
|
Tweet
|
Forum Jump | Forum Permissions ![]() You cannot post new topics in this forum You cannot reply to topics in this forum You cannot delete your posts in this forum You cannot edit your posts in this forum You cannot create polls in this forum You cannot vote in polls in this forum |