The Lions next play Scarlets at Ellis Park in the URC on 11 May 2025, kickoff is at 15:00 |
Dobson skrik g'n vir Kaapse streke |
Post Reply ![]() |
Author | |
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40233 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() Posted: 17-Mar-2019 at 10:29am |
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/dobson-skrik-gn-vir-kaapse-streke-20190317
Hy weet hy gaan hare op sy tande nodig hê om die Stormers deur die onstuimige waters van Superrugby te brei, maar dis ’n uitdaging waarvoor John Dobson aanstaande jaar kans sien. Tien jaar nadat hy by die Westelike Provinsie as afrigter aangesluit het, kry Dobson, huidige afrigter van die Streeptruie se Curriebeker-span, uiteindelik die kans om die Kapenaars se Super-span ook af te rig. Hy neem volgende seisoen die leisels oor by die huidige afrigter, Robbie Fleck, wie se kontrak aan die einde van die seisoen verstryk. Vir die slaggate, wat stoere ondersteuners en politieke druk insluit, sien die kaalkop-breier egter kans. Hy ken die terrein van afrigting in die Kaap en hy weet dis nie speletjies nie. “Ek weet waardeur Fleckie gegaan het, so my oë is oop daarvoor,” het Dobson vandeesweek gesê. “Toe Rob die afrigterspos in 2016 gevat het, het ek gedink ek is nog nie reg daarvoor nie. Hopelik nou, met die ervaring wat ek (tans met die span) gaan opdoen, en as ons goed genoeg vaar vanjaar, sal ek gereed wees om die taak volgende seisoen te verrig.” Sy besluit om die breierleisels by Fleck oor te neem, was uiteindelik maklik, sê Dobson, ten spyte van alles wat met die werk gepaardgaan. “Ek wou die beste span in die streek (in die Kaap) afrig voordat ek ook sou aanbeweeg. Ek het gedink die Curriebeker-reeks sou my einddoel wees, maar om eerlik te wees, die kompetisie is nie meer wat dit in die verlede was nie.” Dobson het aanbiedinge van elders in die land en oorsee van die hand gewys om in Kaapstad as afrigter aan te bly. Hy het onder meer al sukses met die WP se o.21’s gesmaak en ook die destydse Vodacombeker-reeks en die huidige SuperSport-uitdaagreeks én die Curriebeker-kompetisie met die Streeptruie gewen. Dobson reis vandag saam met die Stormers na Australasië. |
|
![]() |
Post Reply ![]() |
|
Tweet
|
Forum Jump | Forum Permissions ![]() You cannot post new topics in this forum You cannot reply to topics in this forum You cannot delete your posts in this forum You cannot edit your posts in this forum You cannot create polls in this forum You cannot vote in polls in this forum |