The Lions next play Scarlets at Ellis Park in the URC on 11 May 2025, kickoff is at 15:00 |
Hemel, man! sê Swys oor 5de punt |
Post Reply ![]() |
Author | |
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40234 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() Posted: 10-Mar-2019 at 7:10am |
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/hemel-man-se-swys-oor-5de-punt-20190309
Hemel, man! Swys de Bruin het half verleë geglimlag nadá hy daardie twee woorde gistermiddag geuiter het, maar hy het nie nodig gehad om die frustrasie daarin te verduidelik nie Sy Leeus-span het gistermiddag teen die Jaguares kop opgetel en hul brul teruggekry – maar oor die laaste 25 minute vier drieë afgestaan, wat hulle ’n kosbare bonuspunt gekos het. ’n Wedstryd wat op 47-13 gedreig het om ’n totale vernedering vir die besoekende Argentyne te wees, het geëindig met ’n wentelling van 47-38. “Ek is baie opgewonde oor die jong spelers wat hul kans vandag so goed aangegryp en baie goeie rugby gespeel het. Maar jislaaik, ek is teleurgesteld dat ons nie die bonuspunt kon kry nie. “Kyk, as jy vanoggend vir my gesê het ons gaan sewe drieë druk met hierdie groep teen ’n internasionale span – onthou, 22 van hul 23 is toetsspelers – sou ek dit gevat het. En ja, ek sal sekerlik môreoggend met ’n glimlag wakker word oor daai sewe drieë. Dis ook nie reg om net vas te kyk teen die negatiewe nie, ons het goed gevaar ná ’n baie moeilike week. “Maar dis nou al die tweede keer dat ons punte deur ons vingers laat glip. Ons het dit teen die Stormers ook gedoen. Dis iets waaraan ons moet aandag gee,” het De Bruin gesê. Malcolm Marx, die Leeus se kaptein, het gesê die span is tevrede dat hulle die treurmare van verlede week, toe die Bulle maalvleis van hulle gemaak het, kon besweer. “Maar vir 20 minute het ons vas aan die slaap geraak en hulle toegelaat om terug te slaan. Ons het baie werk om dié week te doen – en ons moet beslis werk aan hoe ons die rolmale verdedig,” het hy gesê. Die Jaguares het drie van hul ses drieë van rolmale af gedruk. |
|
![]() |
Post Reply ![]() |
|
Tweet
|
Forum Jump | Forum Permissions ![]() You cannot post new topics in this forum You cannot reply to topics in this forum You cannot delete your posts in this forum You cannot edit your posts in this forum You cannot create polls in this forum You cannot vote in polls in this forum |