The Lions next play Scarlets at Ellis Park in the URC on 11 May 2025, kickoff is at 15:00 |
De Bruin teken kontrak vir WB |
Post Reply ![]() |
Author | ||
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40234 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() Posted: 10-Mar-2019 at 7:02am |
|
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/de-bruin-teken-kontrak-vir-wb-20190309
Swys de Bruin gaan Wêreldbekertoernooi toe, maar hy het nog nie sy kontrak met die Leeus vir 2020 verleng nie. Hy het sy kontrak met die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) Vrydag geteken, wat verseker dat hy ’n lid van Rassie Erasmus se Springbok-afrigtingspan in Japan is. “Ek voel geëerd dat Rassie my gevra het om Wêreldbeker toe te gaan,” het De Bruin op die Leeus se amptelike Twitter-rekening @LionsRugbyCo gesê. “Aanval sal my verantwoordelikheid wees. Dis ’n wonderlike geleentheid. Ek dank God daarvoor. “Ná 35 jaar se betrokkenheid in die spel en 93 Superrugby-wedstryde (voor gister s’n teen die Jaguares) is dit fantasties om so ’n geleentheid gegun te word. Ek bedank Rassie daarvoor.” Erasmus het hom aanvanklik net vir verlede jaar se Engelse reeks betrek, maar hom daarna vir die res van 2018 se toetse behou. De Bruin sal een van 16 lede op Erasmus se bestuurspan vir die Wêreldbeker wees. Eugene Henning, uitvoerende hoof van MyPlayers, sluit by die Springbokke aan in die rol van spelersverhoudinge. Nie alle Leeus-ondersteuners meen De Bruin se betrokkenheid by die Bokke is positief nie. Sekeres sien dít eerder as ’n rede waarom die Leeus teen die Stormers en Bulle verloor het. “Ek wil elkeen daarbuite vertel dat ek tans elke sekonde aan die Leeus dink. Ek is 100% toegewyd aan die Leeus. Ek gaan wel twee kampe van die Bokke bywoon. Maar dan sal ek net vir ’n dag of twee weg wees,” sê De Bruin. Hy is tans in gesprek met die Leeus oor sy toekoms. |
||
![]() |
||
PaBz0r ![]() Koning Leeu ![]() Joined: 30-Mar-2016 Location: Pretoria Status: Offline Points: 2786 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
|
Wonder wie gaan by Rassie oorneem..
|
||
![]() |
||
Billy3 ![]() Pasgebore Leeu ![]() Joined: 23-Feb-2019 Location: Midrand Status: Offline Points: 49 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
|
Kings se coach
|
||
![]() |
||
TunaLion ![]() Koning Leeu ![]() ![]() Joined: 30-Mar-2016 Location: Ellis Park Status: Offline Points: 1856 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
|
Ek tel net 92 SR games waar hy betrokke was voor Saterdag... 2013 - 2 (weet nie of dit tel nie) 2014 - 16 2015 - 16 2016 - 18 2017 - 18 2018 - 19 2019 - 3 |
||
Go LIONS!!!!!
|
||
![]() |
||
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40234 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
|
Hy het in die 2013 seisoen by ons begin, en die 2 promosie-relegasie wedstryde teen die Kings tel nie as amptelike Super Rugby wedstryde nie, so dit sal al die wedstryde van 2014 af wees.
2014 - 16 2015 - 16 2016 - 18 2017 - 18 2018 - 19 2019 - 4 So korrek tot op vandag - 91 |
||
![]() |
||
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40234 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
|
hy tel waarskynlik die 2 promosie relegasie wedstryde ook maar dit was nie amptelike super rugby wedstryde nie
|
||
![]() |
||
PaBz0r ![]() Koning Leeu ![]() Joined: 30-Mar-2016 Location: Pretoria Status: Offline Points: 2786 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
|
Volgens hierdie skakel http://lionsworld.co.za/forumnew/swys-se-wen-rekord_topic4398_page6.html
Akkers 71 en Swys 23. As ons dit bymekaar tel 94. Is die Kings games by Akkers se 71 ingetel?
|
||
![]() |
||
PaBz0r ![]() Koning Leeu ![]() Joined: 30-Mar-2016 Location: Pretoria Status: Offline Points: 2786 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
|
Nevermind tel ons die Mitchell era miskien by die 71 waar hy ingestaan het?
|
||
![]() |
||
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40234 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
|
Nee want hy was nie in die Mitchel era by ons nie, hy het eers in 2013 begin. Ackers het vir die laaste paar wedstryde van 2012 ingestaan vir Mitch maar Swys was toe nog by die Sharks, het eers in 2013 begin toe ons klaar uitgeskop was en daardie jaar net 'n paar friendlies gespeel het
|
||
![]() |
||
PaBz0r ![]() Koning Leeu ![]() Joined: 30-Mar-2016 Location: Pretoria Status: Offline Points: 2786 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
|
Ja ek wat die 71 by die 23 wil tel sal nie werk nie, oor die Mitchell era wat Akkers ingestaan het en wat Swys nog nie daar was nie, is waar ek my foutjie gemaak het en wat ek bedoel het met my 2de comment :) |
||
![]() |
||
TunaLion ![]() Koning Leeu ![]() ![]() Joined: 30-Mar-2016 Location: Ellis Park Status: Offline Points: 1856 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
|
Thx Transvaal!
|
||
Go LIONS!!!!!
|
||
![]() |
||
TunaLion ![]() Koning Leeu ![]() ![]() Joined: 30-Mar-2016 Location: Ellis Park Status: Offline Points: 1856 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
|
Dink julle nie ook 16 bestuurslede is bietjie baie nie? Dit is omtrent helfte van die aantal spelers....
|
||
Go LIONS!!!!!
|
||
![]() |
||
Leeubok ![]() Koning Leeu ![]() ![]() Joined: 31-Mar-2016 Location: KZN Status: Offline Points: 4954 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
|
Hy kan dit soveel keer se as wat hy wil, maar sy fokus kan NIE 100% by die leeus wees nie. Komaan man, dis 'n flippen wereldbeker waarvoor hulle moet beplan!! En die 2 kampe wat hy gaan bywoon, moet my nie vertel hy hoef nie daarvoor voorberei nie? Gaan hulle nie aan aanval werk tydens die kampe nie?
|
||
![]() |
||
valie ![]() Koning Leeu ![]() ![]() Joined: 02-Apr-2016 Location: ver van hier Status: Offline Points: 2681 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
|
Gisteraand op Superrugby was Alan Zondach die gas. Hy reken Swys is een van die beste coaches in die land, wat speler ontwikkeling aan betref, en dat hy n reuse aandeel het in wat die laaste 6 jaar by die Leeus gebeur het.
Edited by valie - 12-Mar-2019 at 7:56am |
||
![]() |
||
valie ![]() Koning Leeu ![]() ![]() Joined: 02-Apr-2016 Location: ver van hier Status: Offline Points: 2681 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
|
Ek ken min mense wat nie sy job kan doen, as hy nie 24/7, elke minuut van die dag net op sy job konsentreer nie. Dis darem ook nie asof hy nou vir 2 dae heeltemal iets anders gaan doen, as wat hy by die Leeus doen nie, en ek dink hy kan darem seker sy adjudante vertrou met dit wat hy wil he die Leeus moet doen. Ek glo elke ou by die Leeus weet wat van hom verwag word.
|
||
![]() |
||
Leeubok ![]() Koning Leeu ![]() ![]() Joined: 31-Mar-2016 Location: KZN Status: Offline Points: 4954 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
|
Valie, ons sal maar sien hoe dit gaan die res van die seisoen..
|
||
![]() |
||
valie ![]() Koning Leeu ![]() ![]() Joined: 02-Apr-2016 Location: ver van hier Status: Offline Points: 2681 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
|
Ek is meer bekommerd oor senior spelers wat nie op vorm is nie, maar hopelik, na die naweek trek hulle n bietjie hulle vingers uit hulle ore, en begin speel soos ons weet hulle kan.
|
||
![]() |
Post Reply ![]() |
|
Tweet
|
Forum Jump | Forum Permissions ![]() You cannot post new topics in this forum You cannot reply to topics in this forum You cannot delete your posts in this forum You cannot edit your posts in this forum You cannot create polls in this forum You cannot vote in polls in this forum |