The Lions next play Scarlets at Ellis Park in the URC on 11 May 2025, kickoff is at 15:00 |
Leeus-lostrio: Varkhonde of skouperde? |
Post Reply ![]() |
Author | |
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40234 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() Posted: 16-Feb-2019 at 7:38am |
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/leeus-lostrio-varkhonde-of-skouperde-20190215
Blitsig, beweeglik en vaardig is hulle gewis, maar die Leeus se ligte lostrio moet Saterdag in Buenos Aires bewys hulle is fisiek genoeg om die Jaguares se swaargewig-agttal aan bande te lê. Swys de Bruin, die Leeus se breier, het besluit om Marnus Schoeman en Hacjivah Dayimani as sy flanke saam met die kaptein en agtsteman, Warren Whiteley, in sy lostrio vir dié stryd in te span. “Dit is jammer dat Kwagga (Smith) uit is met ’n kniebesering,” het De Bruin vroeër vandeesweek oor sy lostrio gesê. “Ons het nietemin ’n uiters beweeglike lostrio. Marnus kom in vir Kwagga en hy het ons al in die verlede goed gedien. Warren en Hacjivah is albei blitsvinnig.” Dít is weliswaar so, maar hulle kom te staan teen ’n lostrio van Javier Ortega Desio, Rodrigo Bruni en Pablo Matera – ’n uiters fisieke kombinasie. Die Leeus sal dus geen ander keuse hê as om die wedstryd vinnig te maak nie, want in ’n loopgraaf-stryd, kan hulle beswaarlik bekostig om betrokke te raak. Onder die vaste vyf, wriemel dit ook nie juis van die swaargewigte nie. Buiten nou natuurlik die ysterhaker Malcolm Marx. Die slotte – Rhyno Herbst en Marvin Orie – is albei ook beweeglike spelers. Hul teenstanders, Tomas Lavanini en Guido Petti, is albei meer varkhond as skouperd. Die Leeus kon die Jaguares nog nooit in Argentinië klop nie en daar is ’n verskeidenheid redes daarvoor. In 2016 het hulle ’n B-span soontoe gestuur, terwyl die Jaguares ook werklik ’n taai teenstander in hul agterplaas is. Vanjaar kom die twee spanne in albei se eerste wedstryd van die seisoen daar teen mekaar te staan, so dit is ietwat moeilik om te voorspel wat gaan gebeur. Die Jaguares het ’n gevestigde span, terwyl die Leeus strydrosse soos Franco Mostert en Ruan Dreyer verloor het. Aan die ander kant, het opwindende jongelinge soos Dayimani baie om te bewys. Dié 21-jarige kantman kan een van die vondste van die jaar wees, as hy kan voortbou op sy puik Curriebeker-vertonings. * Jaguares: Joaquin Tuculet, Bautista Delguy, Matias Orlando, Jeronimo de la Fuente (k), Ramiro Moyano, Joaquin Diaz Bonilla, Gonzalo Bertranou, Javier Ortega Desio, Rodrigo Bruni, Pablo Matera, Tomas Lavanini, Guido Petti, Santiago Medrano, Agustin Creevy, Mayco Vivas. PLAASVERVANGERS: Julian Montoya, Juan Pablo Zeiss, Enrique Pieretto, Matias Alemanno, Marco Kremer, Martin Landajo, Juan Cruz Mallia, Matias Moroni. * Leeus: Andries Coetzee, Courtnall Skosan, Lionel Mapoe, Harold Vorster, Aphiwe Dyantyi, Elton Jantjies, Nic Groom, Warren Whiteley (k), Hacjivah Dayimani, Marnus Schoeman, Marvin Orie, Rhyno Herbst, Carlu Sadie, Malcolm Marx, Dylan Smith. PLAASVERVANGERS: Pieter Jansen, Frans van Wyk, Jacobie Adriaanse, Ruan Vermaak, Robert Kruger, Dillon Smit, Wandisile Simelane, Ruan Combrinck. Skeidsregter: Mike Fraser. Assistent-skeidsregters: Brendon Pickerill en Rasta Rasivhenge. TV-skeidsregter: Santiago Borsani. Afskop: 23:35 (SS 1). |
|
![]() |
|
GoLions ![]() Jong Leeu ![]() Joined: 14-Jan-2019 Status: Offline Points: 357 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
8 Javier Ortego Desio - 1.93, 102 kg
7 Rodrigo Bruni - 1.85m, 110 kg 6 Pablo Matera - 1.93, 99 kg 5 Tomas Lavanini - 2.01m, 130 kg 4 Guido Petti - 1.94m, 108 kg 3 Santiago Medrano - 1.85m, 112 kg 2 Agustin Creevy - 1.81m, 110 kg 1 Mayco Vivas - 1.86m, 121 kg Pack weight: 892 kg Backrow: 311 kg Tight 5: 581 kg 8. Warren Whiteley - 1.93m, 110 kg 7. Hacjivah Dayimani - 1.88m, 98 kg 6. Marnus Schoeman - 1.78m, 96 kg 5. Marvin Orie - 1.98m, 104 kg 4. Rhyno Herbst - 1.98m, 120 kg 3. Carlu Sadie - 1.80m, 125 kg 2. Malcolm Marx - 1.88m, 114 kg 1. Dylan Smith - 1.81m, 102 kg Pack weight: 869 kg Backrow: 304 kg Tight 5: 565 kg Hacjivah is blykbaar sterker as wat mens dink, "dead lift" omtrent dieselfde as Marx in die Gym |
|
![]() |
|
Goue Leeu ![]() Koning Leeu ![]() ![]() Joined: 18-Apr-2016 Status: Offline Points: 2219 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
Sukkel om te glo Whiteley weeg 110kg, maar Whiteley is wel verbasend sterk in kontak vir 'n lenige ou.
|
|
![]() |
|
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40234 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
Hy is lank so kan glo hy weeg 110, ek was al 94 en hy is heelwat langer as ek
|
|
![]() |
Post Reply ![]() |
|
Tweet
|
Forum Jump | Forum Permissions ![]() You cannot post new topics in this forum You cannot reply to topics in this forum You cannot delete your posts in this forum You cannot edit your posts in this forum You cannot create polls in this forum You cannot vote in polls in this forum |