The Lions next play Scarlets at Ellis Park in the URC on 11 May 2025, kickoff is at 15:00 |
Kitshoff-terugslag tref Stormers |
Post Reply ![]() |
Author | |
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40234 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() Posted: 14-Feb-2019 at 7:13pm |
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/kitshoff-terugslag-tref-stormers-20190214
Die Stormers kan straks vir die eerste ses weke van vanjaar se Superrugby-reeks sonder hul Springbok-loskopstut, Steven Kitshoff, moet regkom. Hul afrigter, Robbie Fleck, het dié skok onthulling Donderdag met die bekendmaking van sy span vir Saterdag se wedstryd teen die Bulle op Loftus gemaak. “Die mikpunt is om Steven vir ons toer beskikbaar te hê. As ons hom voor dan teen die Jaguares kan inspan, sal dit ’n bonus wees,” het Fleck gesê. Om sake te vererger, is die Bok-vaskopstut Frans Malherbe ook nie beskikbaar nie. Hy het ’n hou teen die knie weg en sal eers aanstaande week vir die wedstryd teen die Leeus oorweeg kan word. Die Stormers se ander Bok-skrumanker, Wilco Louw, sal die nr.3-trui dra, terwyl Ali Vermaak in Kitshoff se posisie speel. Fleck het ook verras deur Salmaan Moerat bo die Westelike Provinsie se Curriebeker-kaptein, Chris van Zyl, as JD Schickerling se slotmaat te kies. “Salmaan is ’n jong speler wat baie energie na die groep bring. Hy was lekker fisiek en met dié dat die Bulle met spelers soos Jason Jenkins, Lood de Jager, Duane Vermeulen en Hanro Liebenberg ’n groot pak voorspelers het, gaan hy sy man moet staan,” sê Fleck. Fleck het vir Damian Willemse op losskakel gekies, maar gaan hom in die tweede helfte heelagter toe skuif wanneer hy vir Jean-Luc du Plessis opstuur. Daar gaan twee debutante wees: Ruhan Nel begin op buitesenter en die aanwins van die Leeus, Corné Fourie, is die loskopstut op die plaasvervangersbank. |
|
![]() |
Post Reply ![]() |
|
Tweet
|
Forum Jump | Forum Permissions ![]() You cannot post new topics in this forum You cannot reply to topics in this forum You cannot delete your posts in this forum You cannot edit your posts in this forum You cannot create polls in this forum You cannot vote in polls in this forum |