Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > SuperSport Rugby Challenge
  New Posts New Posts RSS Feed - Krag teen krag in ‘nuwe’ SS-reeks
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions next play the Ospreys in Swansea in the URC on 30 March 2024, kickoff is at 17:05

Krag teen krag in ‘nuwe’ SS-reeks

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39036
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Krag teen krag in ‘nuwe’ SS-reeks
    Posted: 23-Jan-2019 at 5:20am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/krag-teen-krag-in-nuwe-ss-reeks-20190122

Die SuperSport-uitdaagreeks word vanjaar in ’n nuwe formaat beslis, soortgelyk aan hoe die Curriebeker-rugbyreeks die afgelope paar seisoene bepaal is.

Die spanne wat Curriebeker-status het – die Leeus, Blou Bulle, Pumas, Vrystaat, Griekwas, Westelike Provinsie en die Haaie – gaan in ’n enkelronde, die Bekerkompetisie, met mekaar kragte meet.

Spanne sal in die reeks, wat op 27 April begin, elk drie tuis- en drie wegwedstryde speel, met elkeen wat ook ’n loslootjie sal hê.

Die vier wat boaan die punteleer eindig, sal deurdring tot die halfeindronde, met die eindstryd wat op 22 Junie beslis word.

Die span wat eerste eindig op die punteleer en die eindstryd haal, sal gasheer wees.

Dit is ’n verandering aan die stelsel van die afgelope twee seisoene. Toe was die spanne in drie afdelings – noord, suid en sentraal – ingedeel, met die boonste spanne wat vir die uitspeelrondes gekwalifiseer het.

Wat betref wedstryde wat in 2019 regstreeks gebeeldsend word, het SuperSport aangedui dat hy die eindstryd sal uitsaai, maar op ’n weeklikse grondslag sal besluit watter, indien enige van die ander wedstryde, uitgesaai sal word.

Die spanne wat in die Curriebeker se Eerste Liga meeding, gaan in die Skild-kompetisie speel.

Die Boland, Suidwestelike Distrikte, Oostelike Provinsie, Griffons, Luiperds en Valke sal in dié kompetisie meeding.

Grens, wat onder hewige finansiële druk is, sal nie aan die kompetisie deelneem nie.

Die Valke, wat vanaf 29 Maart aan die Rapid Rugby-reeks in Asië gaan deelneem, gaan volgens gerugte met klubspelers of o.21-spelers van die Leeus en die Bulle aan die SuperSport-reeks deelneem.

Daar is ’n moontlikheid dat Zimbabwe en Namibië ook nog by die Skild-kompetisie ingesluit kan word.

Dié twee spanne se deelname is onderhewig daaraan dat hulle self vir hul reis- en verblyfkostes verantwoordelik is. Hulle moet ook die kostes dek van spanne wat by hulle gaan speel.

Namibië se Welwitschias moes hulle in 2018 op die nippertjie weens ’n geldtekort aan die Curriebeker se Eerste Liga onttrek.
Back to Top
Goue Leeu View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 18-Apr-2016
Status: Offline
Points: 2219
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Goue Leeu Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 23-Jan-2019 at 5:52am
Seker 'n goeie geleentheid vir ons klub en o/21 spelers wat nog probeer deurbreek na die top vlakke ??
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.055 seconds.