Forum Home Forum Home > Lions Section > Union, Management and Coach discussions
  New Posts New Posts RSS Feed - Ackers
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions next play Munster at Ellis Park in the URC on 27 April 2024, kickoff is at 17:00

Ackers

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39087
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Ackers
    Posted: 03-Jun-2022 at 8:52am
Het hierdie lekker storie op SupaRugby se facebook gelees nou net:

Ackers is vandag ‘n halwe eeu en twee jaar oud
Johan Ackermann gooi ‘n groot skaduwee, sy handdruk is ferm maar sy stem is sag. Maar wanneer hy praat luister almal en die entoesiasme is in die glinster in sy oë te sien.
Ackermann is om kortliks op te som, ‘n yster wat sy merk met sy brute krag in ‘n lang internasionale en provinsiale loopbaan gemaak het. Maar hy dwing van die veld af steeds respek af sonder om sy teenstanders te fisiek te boelie.
SupaRugby het so halfuur uit sy vol program gevra om te probeer verstaan wat hom laat tiek en sy paadjie van laaitie af met al die feite in te kleur. Toe neem dit amper 'n uur en 'n half.
Hy is op 3 Junie in Benoni gebore waar sy pa Nic (hulle het dieselfde voorname: Nicolaas Johannes) eers by die verkeer betrokke was. Sy pa was ook groot, dalk ‘n sentimeter of drie korter, soos sy seun Ruan.
Benoni was goed vir hom, sê Ackers, hulle kon nog fiets ry, die paaie was breed, hulle het boomgeklim, kettie geskiet, toktokkie gespeel, ligte met ‘n windbuks uitgeskiet, en daar was ‘n groot, oop veld direk agter hul huis in Northmead.
Soos baie laaities uit daardie era het dit sy metodiese vaardighede ontwikkel.
Daar was destyds nog kadette en ligaamsoefening op skool.
Met ‘n streng pa soos Nic, wie later ook vir Springbok Patrols gewerk het, en die kadette is sy karakter gebou met dissipline as ‘n hoofbestanddeel. Pa-Nic was natuurlike sterk (dit klink bekend) en ‘n aggressiewe, sosiale maar ook ‘n geliefde mens in die gemeenskap (dit klink ook bekend).
Benoni is ook waar hy sy vrou Christelle ontmoet het. Sy was ‘n oud Huggie (Hugenote Hoërskool in Springs) so hul albei se wortels is in die Oosrand geplant.
Benoni is ook waar hy as ‘n laaitie ‘n wedstryd vir die dorp se derdespan gespeel het.
Tog het hy baie wedstryde in Brakpan op die Bosmanstadion gespeel, in sy kop wanneer hy met die bal gehardloop het en soos ‘n wafferse losskakel getjip het wanneer hy by sy ouma oorkant die stadion gekuier het.
Sy herinneringe van die Oosrand is inderdaad goed.
Maar toe word hy na sy basies by die Polisiekollege ‘n Pretorianer en glo dit of nie, maar hy bly deur al sy omswerwinge, al sedert 1999, in dieselfde huis in Moralettapark.
Selfs toe hy in Kimberley en Durban gespeel het, ook toe hy vir ‘n jaar in Northampton en Calvasano in Italië gespeel het. Uiteraard ook toe hy twee jaar lank by die Leeus was.
Hy onthou sy eerste salaris in die Polisiekollege het hom gehelp om ‘n Bajabug te koop (sy eerste kar) en heelwat later was ‘n Fiat Uno sy eerste geborgde kar. Selfs sy petrol was vir hom geborg.
Daardie lesse wat hy in Benoni en as ‘n jong man by sy pa geleer het, besef hy vandag, het hom voorberei vir sy taak as afrigter waar hy pa van ‘n rugbyspan is.
Nou kan hy ‘n verskil maak. Hy weet hy gaan daar buite geoordeel word hoeveel bekers hy wen maar hy wil ‘n verskil in die menswees van die speler maak.
Hy probeer daardie lesse wat hy geleer het regverdig en met wysheid toepas.
Ackers het ‘n lang pad in afrigting geloop, die spore by die Leeus getuig daarvan.
Dit kon as ‘n speler egter nog groter gewees het. Sy loopbaan as ‘n Springbok is weens verskeie faktore twee keer in vyf jaar lank onderbreek. Hy het nooit in ‘n Wêreldbeker gespeel nie.
In 1995 was hy dalk nog te jonk hoewel Quintus van Rooyen hom na die berugte Kanada-stryd in Port Elizabeth geskakel het en vertel het van Hannes Strydom se oogbesering en hom vir sy moontlike keuse ingelig het.
Hy het in sy speeldae lank daaroor geworstel. Hoe lank byvoorbeeld, kon hy en Mark Andrews dalk saam die Bokskrum gesluit het?
Toe ry hy een aand saam met die sanger Danie Botha (van Wenners-faam) na ‘n huis-sel toe en terwyl hulle gesels dink hy: “Die ou lees my gedagtes.”
Hoekom was hy nie tevrede met wat hy bereik het nie? Skielik het hy eerder dankbaar geraak vir alles wat hy bereik het.
Ackers besef vandag dat hy sy pad so moes loop om die mens (en afrigter) te wees wat hy vandag is. Hoewel hy nooit na afrigting gehunker het nie, is hy vir juis die taak voorberei.
Toe maak die legkaart sin, toe maak die vier skoueroprasies sin hoewel hy voel hy moes nooit Northampton toe gegaan het nie.
Met sy terugkeer kon hy van sy spanmaats by Griekwas begin mentor, sonder dat hy dit besef het. Hy dink aan Tiaan Liebenberg.
As hy oor sy skouer terugkyk dink hy aan verskeie spesiale vriende en spanmaats, mense soos Ruben Kruger, Henry Tromp, wat ‘n groot rol in sy bekering gespeel het, en Adriaan Richter – mense wat nooit tou opgegee het nie.
By die Leeus en Cats het Jannes Labuschagne, Hennie le Roux, Chester Williams en veral André Venter groot indruk op hom maak – en hul totale passie waarmee hulle gespeel het, was vir hom ‘n openbaring.
Hy onthou as ‘n veteraan van 35 jaar oud by die Sharks het ‘n 19-jarige Francois Steyn hom aanvanklik as oom aangespeek.
Verskeie afrigters het ‘n rol gespeel om hom as afrigter te smee. Eerstens John Williams, die eerste afrigter wat hom ge-’back’ het. Dan Laurie Mains met sy tegniese kennis, en Dick Muir, wie die afrigtingskersie in hom opgesteek het.
Toe Muir sy Investec-akademies geloods het, het hy Ackers dadelik betrek en hom aangespoor om die afrigtingsding te doen. En toe Muir die Leeuwerk kry, het hy Ackers dadelik as voorspelerafrigter betrek, en sedert 2010 is hy ononderbroke by die Unie.
Dis sy oggend- en aand-werk, sê Ackers.
Hy som sy loopbaan in drie hoofstukke op: Die eerste as ‘n jong man (polisieman) by die Blou Bulle, Hoofstuk 2 by die Leeus en Cats en Hoofstruk 3 by die Sharks.
Hoofstuk 4 word nou geskryf en dit is ‘n werk in wording, maar terwyl sy handdruk ferm is, hy letterlik en figuurlik ‘n groot skadu gooi, en sy Skepper vir wie hy so lief is dien, sal alles goed gaan
Back to Top
Leeubok View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: KZN
Status: Offline
Points: 4954
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Leeubok Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 03-Jun-2022 at 1:47pm
Baie nice! Wanneer was dit geskryf?
Back to Top
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 39087
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 03-Jun-2022 at 2:10pm
vandag
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.109 seconds.