Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Super Rugby
  New Posts New Posts RSS Feed - Siya geveto, Stormers vou weer
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions next play Scarlets at Ellis Park in the URC on 11 May 2025, kickoff is at 15:00

Siya geveto, Stormers vou weer

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 40234
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Siya geveto, Stormers vou weer
    Posted: 31-Mar-2019 at 7:57am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/siya-geveto-stormers-vou-weer-20190331

Pieter-Steph du Toit wat ’n bal in die doodsnikke aanslaan, Siya Kolisi se gesag wat ondermyn word en SP Marais wat ’n verspot maklike strafdoel skeeftrek.

Is daar enigsins ’n beter versinnebeelding van die Stormers se Super-gekleitrappery teen Nieu-Seelandse spanne as dít?

Dalk tog: Met tien minute se speeltyd oor in gister se stryd teen die Blues in Auckland, was die Stormers met net 9-17 agter, in die Kiwi’s se gebied en voltallig teen 14 spelers. Die eindtelling? 24-9 in die Blues se guns.

Vir die ganse tien minute nadat die vleuel Tanielu Tele’a met ’n rooikaart van die veld is omdat hy Dillyn Leyds in die lug gespeel het, kon die Stormers nie deurkom nie.

In die 82ste minuut is hul aand opgesom toe Du Toit die bal ná ’n lynstaan aanslaan. Selfs met 14 spelers op die veld, kon die Blues ’n drie druk wat die sege beklink het.

Dit was ook nie net Du Toit se aanslaan wat die Stormers se powere pogings in Nieu-Seeland gister opgesom het nie.

Kort ná Tele’a se rooikaart, het die Stormers ’n goeie rolmaalbeweging van stapel gestuur wat tot nóg ’n strafskop gelei het – bykans reg voor die pale. Kolisi, die kaptein, wou weer kantlyn toe skop, maar sy besluit is uit die afrigtershokkie geveto en die skopkegel is op die veld gedra.

Die wyse waarop die kaptein se besluit verontagsaam is, moet reeds die rooi ligte laat flikker. Hy het selfs vir Marais aangejaag om die skop kantlyn toe te stuur, deur met sy vinger op sy gewrig te tik. Toe Marais boonop die strafdoel-poging vlak voor die pale skeeftrek, is die wind finaal uit die span se seile gehaal.

Kort daarna het Rieko Ioane aan die ander kant van die veld, tot die groot verligting van die tuisspan se ondersteuners, gaan druk om die wedstryd vir sy span te beklink.

Daar sal vandeesweek ernstige kajuitraad in die Stormers-kamp gehou moet word. Dit was hul 12de loesing op ’n streep in Kiwi-land met geen teken dat sake vinnig gaan verbeter nie.

Gister se wedstryd sou ’n galpil vir Stormers-ondersteuners wees nadat hulle vir byna die hele wedstryd in alle fasette oorheers het. Behalwe op die telbord.

Eben Etzebeth 8/10: Sonder hom in die span sukkel die Stormers maar. Die yster-slot het weer eens sy hart uitgespeel en homself op die aanval en verdediging laat geld. Hy stormram goed deur verdedigers en laat ook ’n paar Blues-baldraers hik. Maak ook ’n goeie duikslag wat ’n moontlike drie vir die Blues voorkom.

Patrick Tuipulotu 7/10: Een van sy span se voorste verdedigers in die stryd en sorg vir ’n paar harde duikslae. Sy keerwerk maak dat die Stormers se aanvallers nie veel beweegruimte kry nie. Het die bal ’n paar keer goed opgedra in kontak, maar maak minder impak met sy lopies as waaraan kykers al gewoond geraak het.

Die besoekers het vroeg ’n rits kanse geskep waarvan dadels gekom het. Van ’n aanslaan hier of twee woer-woer-aangeë daar, tot skoppe wat nooit geskop moet gewees het nie. Dit het die Kapenaars gekelder en die Blues vir die eerste halfuur in die stryd gehou.

Dis ook duidelik dat die Stormers-agterspelers vandeesweek deur Bafana Bafana se Afcon-kwalifikasie besiel is.

Hulle het die bal geskop asof dit ’n sokkerwedstryd was en dié swak skopopsies, nes verlede week teen die Hurricanes, is weer meesal deur Jean-Luc du Plessis, Stormers-losskakel, uitgevoer.

Sy binnesenter, Damian de Allende, het ook op ’n slag besluit ’n tikskoppie is ’n goeie opsie met verskeie spelers aan sy buitekant.

Damian de Allende 4/10: Vir ’n Springbok-senter maak hy ’n skoolseun-fout deur die Blues-vleuel Tanielu Tele’a hoog te probeer lak langs die kantlyn toe hy soos ’n vrot vel afgestamp is met die vleuel wat gaan druk het. Skop ook balbesit onnodig weg toe sy span goed op die aanval was. Sukkel ook om die bal oor die voordeellyn te dra met sy stormlopies.

Ma’a Nonu 7/10: Daar’s nog hope rugby in dié All Black-stormram. Hy hou die Stormers-verdedigers besig op die aanval en hardloop ’n paar keer sterk met die bal in kontak, wat sy span meters op die aanval besorg. Sy bresse wat hy slaan, was ook puik. Staan ook rotsvas op die verdediging en sorg dat die Stormers-agterlyn nie werklik aan die gang kon kom nie.

Dit het maar net weer balbesit aan die Blues besorg en die druk van hul verdediging afgehaal.

Gepraat van die Blues se verdediging. Dit was strykdeur rotsvas en hoewel daar hier en daar ’n verdediger was wat à la Richie McCaw met die onkantlyn flankeer het, het die Stormers nie gelyk of hulle punte via drieë gaan aanteken nie.

Die besoekers kon ook nie munt slaan uit die swak ingooiwerk by die lynstaan deur die Blues se James Parsons nie. Die tuisspan het ’n paar keer besit afgestaan, maar dit het nie juis ’n nadelige impak gehad nie.

Wat ’n mens meer oorbluf het, is waarom die Stormers nie hul rolmaal – ’n verwoestende wapen verlede Saterdag teen die Hurricanes – meer ingespan het nie.

Eben Etzebeth, Bongi Mbonambi en Du Toit was enduit krygers vir hul span.

Al drie het op die aanval gewoeker, terwyl Etzebeth ’n paar duikslae uitgevoer het wat sy span se bas gered het. Die heelagter, Willemse, en vleuel, Leyds, het agterlangs skerp met die bal in die hand gelyk.
Back to Top
TunaLion View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 30-Mar-2016
Location: Ellis Park
Status: Offline
Points: 1856
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote TunaLion Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 31-Mar-2019 at 1:27pm
"Eben Etzebeth: Sonder hom in die span, sukkel die Stormers maar."

Met hom in die span, sukkel die Stormers ook....
Go LIONS!!!!!
Back to Top
Leeubok View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: KZN
Status: Offline
Points: 4954
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Leeubok Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 01-Apr-2019 at 7:29am
Maar meeste van hierdie ouens sal weereens in die bok span instap... 
Back to Top
valie View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 02-Apr-2016
Location: ver van hier
Status: Offline
Points: 2681
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote valie Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 01-Apr-2019 at 7:58am
Originally posted by TunaLion TunaLion wrote:

"Eben Etzebeth: Sonder hom in die span, sukkel die Stormers maar."

Met hom in die span, sukkel die Stormers ook....
Hulle lyk ook nie juis na n klomp happy campers nie.
Back to Top
Attie Karate View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Status: Offline
Points: 1544
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Attie Karate Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 01-Apr-2019 at 8:37am
Originally posted by valie valie wrote:

Originally posted by TunaLion TunaLion wrote:

"Eben Etzebeth: Sonder hom in die span, sukkel die Stormers maar."

Met hom in die span, sukkel die Stormers ook....
Hulle lyk ook nie juis na n klomp happy campers nie.


Hul afrigtingspan besluit op die verkeerde wedstrydplan en -benadering en ek weet nie hoekom speel hul vir du Plessis bo Stander nie.
Up the Vaal!
Back to Top
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 40234
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 01-Apr-2019 at 8:40am
Ja Stander is hulle beste 10, weet nie hoe hulle dit nie self sien nie
Back to Top
Leeubok View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: KZN
Status: Offline
Points: 4954
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Leeubok Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 01-Apr-2019 at 8:51am
Is die Du Plessis laaitie nie Morne se kind nie? 
Back to Top
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 40234
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 01-Apr-2019 at 8:51am
Nee dis Carel Dup Plessis se laaitie
Back to Top
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 40234
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 01-Apr-2019 at 8:52am
Wat vleuel vir die WP, Leeus en Bokke gespeel het
Back to Top
Leeubok View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: KZN
Status: Offline
Points: 4954
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Leeubok Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 01-Apr-2019 at 8:53am
O ok.. 
Back to Top
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 40234
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 01-Apr-2019 at 8:56am
Originally posted by Leeubok Leeubok wrote:

O ok.. 

Dalk effens voor jou tyd maar hy was die prins van vleuels genoem. Sy broer Michael was 'n binnesenter wat ook vir WP en later vir ons gespeel het, en hy was ook bleddie goed
Back to Top
Leeubok View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 31-Mar-2016
Location: KZN
Status: Offline
Points: 4954
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Leeubok Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 01-Apr-2019 at 9:03am
Is bietjie voor my tyd ja, maar het al baie van die prins van vleuels gehoor.. Dis hoekom ek gevra het wie sy pa is, want dit het dalk 'n invloed op waarom hy elke naweek bo beter losskakels gekies word? 

Ek sien baie skrywers wil he Curwin Bosch moet bo Robert jnr begin by die sharks.. Ek twyfel of sy pappie dit sal doen?
Back to Top
monster View Drop Down
Ervare Leeu
Ervare Leeu


Joined: 05-Apr-2016
Location: Pretoria
Status: Offline
Points: 684
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote monster Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 01-Apr-2019 at 11:36am
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Originally posted by Leeubok Leeubok wrote:

O ok.. 

Dalk effens voor jou tyd maar hy was die prins van vleuels genoem. Sy broer Michael was 'n binnesenter wat ook vir WP en later vir ons gespeel het, en hy was ook bleddie goed

Ja en Michael se seun speel ook vir die Stormers senter Daniel du Plessis ..... kan julle nog onthou in watse hengse moeilikheid was Michael du Plessis omdat hy tydends n Curriebeker finaal met die sing van die stem so paar strek oefeninge gedoen het
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.047 seconds.