The Lions next play Scarlets at Ellis Park in the URC on 11 May 2025, kickoff is at 15:00 |
Leeus lugtig vir gewonde Stormers |
Post Reply ![]() |
Author | |
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40234 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() Posted: 19-Feb-2019 at 8:17pm |
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/leeus-lugtig-vir-gewonde-stormers-20190219
Nadat die Leeus die Jaguares met rotsvaste verdediging geklop het, wil hulle Saterdag teen die Stormers graag weer hul tradisionele sterkpunt uitstal. Neil de Bruin, die Leeus se agterlynafrigter, sê hulle was nie tevrede met hul aanvallende spel in hul sege van 25-16 oor die Jaguares in Buenos Aires nie. “Ons was eerlik met mekaar oor ons (gebrek aan) vloeiendheid op die aanval. Ons wil nuwe stelsels in werking stel en ek is seker coach Swys (de Bruin, hoofafrigter) gaan sake die naweek regstel,” het De Bruin Dinsdag in Johannesburg gesê. “Ons kan miskien een of twee veranderinge oorweeg, veral as ons takties anders wil speel. Verskeie jong spelers het na vore getree die naweek, so dit laat ons met ’n lekker tameletjie. Die bedompige toestande in Argentinië het dit egter moeilik gemaak om die bal rond te slinger en die Leeus sal dus gretig wees om te wys wat hulle met die bal in die hand kan doen op ’n droë Nuweland. Tog sê De Bruin die Leeus is in hul noppies met hul eerste sege tot dusver in Argentinië. “Dit bou selfvertroue en gee vir ons momentum voordat ons die Stormers moet pak, wat graag sal wil terugslaan ná hul eerste wedstryd. Hulle sal wil bewys verlede week was ’n glips en hulle was nie op hul beste nie. “Saterdag se uitslag was ’n goeie begin vir ons. Ons vat dit, al was dit nie die perfekte vertoning nie. “Ons het hart gewys en puik verdedig.” Hy verwag intussen ’n groot aanslag van die Stormers nadat hulle die naweek met 40-3 teen die Bulle verloor het. “Die Stormers is ’n trotse unie; dit is nooit maklik om in Kaapstad teen hulle te gaan speel nie. Hulle was die slagoffers van ’n blitzkrieg deur die Bulle, wat baie krediet verdien. “Ek verwag beslis ’n groot terugvegpoging deur die Stormers. Hulle sal wil bewys verlede week was ’n glips en hulle was nie op hul beste nie.” |
|
![]() |
Post Reply ![]() |
|
Tweet
|
Forum Jump | Forum Permissions ![]() You cannot post new topics in this forum You cannot reply to topics in this forum You cannot delete your posts in this forum You cannot edit your posts in this forum You cannot create polls in this forum You cannot vote in polls in this forum |