The Lions next play Scarlets at Ellis Park in the URC on 11 May 2025, kickoff is at 15:00 |
Leeus maak op Baa-Baas-ervaring staat |
Post Reply ![]() |
Author | |
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40234 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() Posted: 13-Feb-2019 at 7:20pm |
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/leeus-maak-op-baa-baas-ervaring-staat-20190213
Die Leeus het ’n voorseisoense wedstryd tussen die Jaguares en Uruguay ontleed in ’n poging om iets wys te word oor die span teen wie hulle Saterdag in Argentinië in hul eerste Superrugby-wedstryd van die jaar te staan kom. Dít het egter niks gehelp nie, want Uruguay het bykans geen teenstand vir die Argentynse Superrugby-span gebied nie. “Dit was eintlik van geen waarde nie, want die Jaguares het só ver (61-0) gewen,” sê Swys de Bruin, die Leeus se afrigter. De Bruin moet dus op kennis staatmaak wat hy elders opgedoen het om sy span so goed as moontlik vir dié kragmeting voor te berei. “Ons het weer gaan kyk na die wedstryd wat die Barbarians verlede jaar teen Argentinië gewen het,” sê De Bruin, wat die hulpafrigter van daardie Baa-Baas-span was. Drie Leeus – Elton Jantjies, Malcolm Marx en Aphiwe Dyantyi – het ook in daardie span gespeel. “Ons het ook gekyk na die twee wedstryde wat Argentinië verlede jaar teen die Bokke gespeel het. Die Jaguares en Argentinië se nasionale span is eintlik maar dieselfde span. “Dit gaan interessant wees om te sien hoe hulle speel, maar ek glo nie hulle gaan vreeslik afwyk van hoe hulle altyd gespeel het nie. “Ons weet wat hul sterk- en swakpunte is en ons sal ons daarvolgens moet aanpas,” sê De Bruin. Die Leeus kon die Jaguares nog nooit in hul agterplaas klop nie. “Ander spanne sukkel ook teen hulle daar anderkant, want dit is glad nie maklik om daar te gaan speel nie. “Dit is ’n groot uitdaging en een waarna ons bitter baie uitsien. Ons wil graag ons eerste sege daar op ons kerfstok kry.” Nadat hulle die laaste drie agtereenvolgende jare tot die eindstryd deurgedring het, is dit net natuurlik dat daar groot verwagtinge van die Leeus is – al het hulle verskeie staatmakers verloor. Tog wil De Bruin nie oor eindstryde praat nie. “Ek dink dit sal onregverdig teenoor die jong spelers wees om enige vergelykings met die laaste paar jaar te tref. “Ek wil nie daardie bykomende druk op hulle plaas nie.” Die Leeus gaan egter nie wegbeweeg van die resep wat hulle tot daardie eindstryde gehelp vorder het nie. “Ons wil drieë druk en mense inspireer deur hoe ons speel. Ons het ’n ervare agterlyn en ’n baie beweeglike agttal. “Met die spelers tot ons beskikking kan ons nie stampkarrugby speel nie,” sê hy. |
|
![]() |
Post Reply ![]() |
|
Tweet
|
Forum Jump | Forum Permissions ![]() You cannot post new topics in this forum You cannot reply to topics in this forum You cannot delete your posts in this forum You cannot edit your posts in this forum You cannot create polls in this forum You cannot vote in polls in this forum |