The Lions next play Scarlets at Ellis Park in the URC on 11 May 2025, kickoff is at 15:00 |
Warren Leeus se XXX-faktor |
Post Reply ![]() |
Author | |
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40234 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() Posted: 21-Apr-2019 at 7:50am |
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/warren-leeus-se-xxx-faktor-20190421
Eendag, wanneer die son sak oor Warren Whiteley se loopbaan, sal die baadjiedraers van Ellispark sekerlik geen teenstand kry as hulle besluit om ’n standbeeld van hom op te rig nie. ’n Meer besielende figuur as dié agtsteman gaan Suid-Afrikaanse rugby nie gou sien nie. Die Whiteley-faktor is iets wat geen statistiek kan kwantifiseer nie, geen byvoeglike naamwoord werklik kan beskryf nie en geen alchemis ooit in ’n bottel sal kan verpak nie. Ons wat van buite die loopgrawe daarna kyk, weet nie presies watter stemtoon of woorde dit behels nie – ons sien net die effek. En ná Vrydag weet ons dis ’n eliksir sterk genoeg om die mees chaotiese van opboue te neutraliseer. Die terugkeer van Whiteley was Vrydag in Hamilton ’n sleutelfaktor in een van die Leeus se beste vertonings vanjaar toe hy sy span – in ’n week wat die vertrek van hul regtervleuel, hul verdedigingsafrigter en hul hoofafrigter ingesluit het – aangevoer het tot ’n skok-oorwinning van 23-17 teen die Chiefs. Nadat hulle verlede week teen die Brumbies loodvoetig op die verdediging en planloos op die aanval was, het die Johannesburgers in Nieu-Seeland ’n totale ommekeer in albei daardie fasette gemaak. Hulle het hul lywe op die spel geplaas om die Chiefs-span tot foute te dwing en danksy die heldedade van veral die jong vaskopstut Carlu Sadie gedy met voorvoet-besit. Whiteley se effek was meestal sielkundig, met die uitsondering van die grondskoppie wat tot Aphiwe Dyantyi se drie gelei het. Die Chiefs se regtervleuel, Sean Wainui, is so onkant gevang dat hy oor sy voete geval het – en die partydige skare het halftyd stomgeslaan gekyk na ’n telbord wat wys hul span is 20 punte agter. Vir die eerste keer sedert 2010 kon die Chiefs geen punte in ’n eerste helfte aanteken nie. Natuurlik is die Leeus-kaptein nie die enigste wat Vrydag halleluja’s ontketen het nie. Rondom hom het talle spanmaats gewys wat in hulle steek. Veral die 21-jarige Sadie het gewys hy is net op sy identiteitsdokument ’n melkbaard. Die jongeling het reeds in die seisoen se eerste wedstryd, teen die Jaguares, gewys hy kán skrum, en week ná week daarop voortgebou. Vrydag het hy baljaar teen die Chiefs se Angus Ta’avao, wat gewoonlik vaskop speel, maar weens beserings na die anderkant van die skrum geskuif is. Die twee strafskoppe waarvan die Leeus hul eerste punte aangeteken het, was danksy Sadie se oorheersing van Ta’avao. Hul eerste drie is gedruk deur dié jong stut. Daar was ’n duidelike verskil in die Leeus se skrumkrag nadat hy in die 63ste minuut vervang is. Saam met hom was daar talle ander helde. Kwagga Smith was in sy eerste wedstryd sedert middel Maart pure kookwater. Malcolm Marx het min of meer elke keer wat hy die bal gehad het, oor die voordeellyn gebeur. Elton Jantjies was van binnesenter af die poppespeler wat die toutjies getrek het en was foutloos van die skopkegel af, en langs hom het Gianni Lombard se eerste ervaring van die 10-trui seepglad verloop. Die een negatiewe ding uit die Hamilton-avontuur was die kniebesering wat Lombard vroeg in die eerste helfte opgedoen het. Hy is op pad terug Suid-Afrika toe, met Shaun Reynolds vort om hom te vervang. Hoe dit die Leeus se planne vir Vrydagoggend se wedstryd teen die Crusaders gaan affekteer, is ’n ope vraag. Toe hul span Dinsdag vir die Chiefs-wedstryd aangekondig is, was sowel Marx as Jantjies op die plaasvervangersbank, en selfs nadat Courtnall Skosan se vertrek om sy siek pa by te staan, ’n rits veranderinge in die agterlyn veroorsaak het, is hulle nie opgetrek na die beginspan nie. Die besluit om hulle wel van die eerste minuut af los te laat, is deur Ivan van Rooyen (wat in die afwesigheid van Swys de Bruin as hoofafrigter moes optree) verduidelik as ’n noodsaaklikheid in ’n week vol drama. Dit was ’n meesterskuif, maar beteken ook die duo het nog nie die Springbok-protokol, wat vereis dat hulle een of ander tyd rus, bevredig nie. Met die haker Jan-Henning Campher ook op pad Kiwi-land toe en Marx op pad huis toe om volgens sy Bok-kontrak te rus, is die Leeus-agttal effe ontwrig. Die Jantjies-situasie is minder duidelik, omdat Reynolds nog nie vanjaar Superrugby gespeel het nie en ’n 2019-buiging teen die kompetisie-voorloper waarskynlik te veel gevra is. Whiteley-hulle ruk egter op Christchurch toe met die wete dat hulle in Nieu-Seeland kán wen. Hart en passie het dit gewys. En teen die Crusaders gaan dit Leeu-harte vereis. |
|
![]() |
|
Leeubok ![]() Koning Leeu ![]() ![]() Joined: 31-Mar-2016 Location: KZN Status: Offline Points: 4954 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
Lekker!
|
|
![]() |
|
emiel1 ![]() Ervare Leeu ![]() Joined: 30-Jan-2019 Status: Offline Points: 549 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
Ons moes ten minste een wedstryd op toer wen, en dit sou baie onwaarskynlik wees teen die Saders, so a "gutsy call" deur Ivan.
Edited by emiel1 - 21-Apr-2019 at 10:13am |
|
![]() |
Post Reply ![]() |
|
Tweet
|
Forum Jump | Forum Permissions ![]() You cannot post new topics in this forum You cannot reply to topics in this forum You cannot delete your posts in this forum You cannot edit your posts in this forum You cannot create polls in this forum You cannot vote in polls in this forum |