The Lions next play Scarlets at Ellis Park in the URC on 11 May 2025, kickoff is at 15:00 |
Swys was spelers én sy eie kop |
Post Reply ![]() |
Author | |
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40233 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() Posted: 03-Mar-2019 at 11:10am |
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/swys-was-spelers-en-sy-eie-kop-pote-in-sy-noppies-met-8-tal-pollard-20190302
’n Opsigtelik teleurgestelde Swys de Bruin het gisteraand sy hand spreekwoordelik opgesteek en ruiterlik erken: “Ja, ons is fisiek oordonder.” Die Bulle het hul Superrugby-kragmeting met die Leeus op Ellispark met 30-12 gewen nadat hul agttal die grondslag gelê het. “Daar is geen verskonings nie. Ons is geklop deur ’n baie beter span op die dag. Ons sal ons foute moet gaan regstel, maar geluk aan die Bulle,” het De Bruin, die Leeus-breier, ná die wedstryd gesê. “Ek sal moet gaan ontleed wat verkeerd gegaan het. Ons het vir die eerste 24 minute niks van die bal gesien nie en sonder die bal kan jy nie speel nie. “Hulle het ons versmoor, ek dink dit is die term om te gebruik. Ons was ook baie swak in die lug, ek dink nie ons het een bal uit die lug gevang nie. “Ons was almal swak, nie net die agterspelers of die voorspelers nie, maar ek ook.” De Bruin sê hy het geglo die Leeus kan terugveg nadat hulle rustyd reeds met 17-0 agter was. “Ons was al voorheen agter en het dan teruggeveg. Ek het in ’n stadium gedink ons gaan dit weer doen, maar ons kon net nie afrond nie. Ons het skoppe deurgestuur en gejaag, dan staan ons ’n strafskop af. “Ons kan geensins tevrede wees nie,” sê hy. Pote Human, die Bulle se breier, het sy span vir ’n oorheersende vertoning geloof. “Die ouens was uitstaande, veral in die eerste helfte, al het ons ’n paar geleenthede verbrou om nog punte aan te teken,” sê Human. “Ons moet nou net begin om beter af te rond. “In die tweede helfte was die verdediging uitsonderlik. Die voorspelers was uitstaande, dit is waar wedstryde gewen of verloor word – in die pak. “Ek was baie tevrede met ’n ou soos (die slot) Eli Snyman, wat ingekom het vir Lood de Jager. Hy het na vore getree.” Human was net so in sy noppies met die vertoning van sy losskakel en kaptein, Handré Pollard. Pollard is as die Speler van die Wedstryd aangewys ná ’n skitterende taktiese vertoning. “Hy was ongelooflik goed, net die wyse waarop hy die ouens kalm gehou het en hoe hy al die situasies hanteer het. Sy skopskoen was briljant. “Al die leiers in die span verdien baie krediet.” Een van dié leiers, die strydros-haker Schalk Brits, was een van sy span se uitblinkers. “Hy was uitstekend. In die eerste wedstryd het ons vir hom 34 minute gegee, toe 50 minute en vandag wou ons vir hom 80 gee, maar hy het moeg geraak,” skerts Human. |
|
![]() |
Post Reply ![]() |
|
Tweet
|
Forum Jump | Forum Permissions ![]() You cannot post new topics in this forum You cannot reply to topics in this forum You cannot delete your posts in this forum You cannot edit your posts in this forum You cannot create polls in this forum You cannot vote in polls in this forum |