The Lions next play Scarlets at Ellis Park in the URC on 11 May 2025, kickoff is at 15:00 |
Etzebeth moet Leeus help tem |
Post Reply ![]() |
Author | |
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40233 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() Posted: 21-Feb-2019 at 2:47pm |
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/etzebeth-moet-leeus-help-tem-20190221
Die Springbok-slot Eben Etzebeth gaan Saterdag sy terugkeer in Stormers-kleure maak in die Superrugby-wedstryd teen die Leeus op Nuweland. Etzebeth, wat die Stormers se opwarmwedstryde en die Loftus-kragmeting met die Bulle weens ’n voetbesering misgeloop het, is op die plaasvervangersbank. Nóg ’n Bok-yster – die vaskopstut Frans Malherbe – keer ook terug onder die plaasvervangers vir ’n wedstryd wat die Stormers onder groot druk is om te wen ná die Loftus-debakel. Robbie Fleck, die Stormers se afrigter, moes ’n handvol gedwonge veranderinge aan sy beginspan maak. Die heelagter Dillyn Leyds het ’n beenbesering, wat beteken dat Damiam Willemse van losskakel na die laaste vesting geskuif is. Jean-Luc du Plessis gaan die nr.10-trui dra. Salmaan Moerat (slot) en JJ Engelbrecht (vleuel) is ook vandeesweek op die krukkelys en word onderskeidelik deur Chris van Zyl en Sergeal Petersen vervang. Dit sal Petersen se buiging vir die Stormers wees. * Die Stormers-span is: Damian Willemse, Sergeal Petersen, Ruhan Nel, Damian de Allende, SP Marais, Jean-Luc du Plessis, Jano Vermaak, Sikhumbuzo Notshe, Pieter-Steph du Toit, Siya Kolisi (k), JD Schickerling, Chris van Zyl, Wilco Louw, Bongi Mbonambi, Ali Vermaak. PLAASVERVANGERS: Scarra Ntubeni, Corné Fourie, Frans Malherbe, Eben Etzebeth, Jaco Coetzee, Herschel Jantjies, Josh Stander, Dan du Plessis. |
|
![]() |
Post Reply ![]() |
|
Tweet
|
Forum Jump | Forum Permissions ![]() You cannot post new topics in this forum You cannot reply to topics in this forum You cannot delete your posts in this forum You cannot edit your posts in this forum You cannot create polls in this forum You cannot vote in polls in this forum |