The Lions next play Scarlets at Ellis Park in the URC on 11 May 2025, kickoff is at 15:00 |
Ali reg om Kitsie se skoene te vul |
Post Reply ![]() |
Author | |
Transvaal ![]() Admin Group ![]() Joined: 30-Mar-2016 Status: Offline Points: 40234 |
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() Posted: 12-Feb-2019 at 8:52am |
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/ali-reg-om-kitsie-se-skoene-te-vul-20190211
Die Stormers sal Dinsdag weet of hul Springbok-loskopstut, Steven Kitshoff, fiks sal wees vir Saterdag se Superrugby-wedstryd teen die Bulle, maar hul wêreld sal nie inmekaar tuimel sonder hom nie. Inteendeel, Russell Winter, die Kapenaars se voorspeler-afrigter, meen Loftus is net die regte verhoog vir Ali Vermaak om te wys waartoe hy in staat is. “Dit sal ’n verlies wees as Steven nie beskikbaar is nie, maar laat ek jou vertel dat Ali fantasties was in verlede jaar se Curriebeker-reeks en regtig ’n geleentheid verdien,” het Winter Maandag ná die Stormers se eerste oefening van die week by die Westelike Provinsie se Sentrum vir Uitnemendheid in Bellville gesê. “Ali was een van die WP se beste voorspelers in verlede jaar se Curriebeker-reeks. Hy gee sy hart en siel vir die span, is in murg en been ’n WP-seun, skrum sterk en is goed in die los. Ek hoop van harte vanjaar is sy groot jaar,” voeg Winter by. “Corné Fourie het ook van die Leeus af by ons aangesluit met ’n puik ingesteldheid. Diepte gaan vanjaar vir ons ’n groot bondgenoot wees.” Ongeag Winter se woorde sal dit moeilik wees om die leemte te vul wat straks deur Kitshoff gelaat gaan word nadat hy in die afgelope Vrydag se vriendskaplike wedstryd teen die Boland-Kavaliers sy dyspier verrek het. Die skrums was die een aspek van die spel waar die Stormers waarskynlik op oorheersing sou kon staatmaak teen die Bulle en sonder hom is dit minder van ’n troefkaart. Iets wat die Stormers se agttal wel sal aanspoor, is die drag slae wat hulle in verlede jaar se nederlaag op Loftus gekry het. “Op Loftus speel die Bulle se pak teen ’n intensiteit wat jy op toetsvlak kry. Ons agttal is reg daarvoor en het uit die verlede geleer. Verlede jaar was taai en ons pak gaan regtig spiere moet bult vir ons om te kan wen,” sê Winter. Winter verwag dat die Springbok-haker Schalk Brits en -agtsteman Duane Vermeulen die Bulle aansienlik gaan versterk. Albei is oud-Stormers. “Die bonus met hulle is dat albei baie ervaring van groot wedstryde het. Hulle is puik spelers. Wanneer die ruggraat van ’n span ter sprake kom, is die haker en agtsteman ’n uiters belangrike deel daarvan,” sê hy. “Bygesê het ons ook puik spelers en sien hulle uit na die tweestryde.” Winter meen nie veel kan gelees word in die Stormers se onlangse sege oor die Bulle in die vriendskaplike wedstryd in die Kaapstad-stadion nie. “Ek dink nie hulle het veel weggegee nie en dieselfde geld ons. Daar was wel oomblikke van puik spel deur die Bulle en hul afrigters doen baie goed. Hierdie naweek gaan anders wees. Daar gaan voorlangs ’n groot stryd woed.” |
|
![]() |
Post Reply ![]() |
|
Tweet
|
Forum Jump | Forum Permissions ![]() You cannot post new topics in this forum You cannot reply to topics in this forum You cannot delete your posts in this forum You cannot edit your posts in this forum You cannot create polls in this forum You cannot vote in polls in this forum |