LionsWorld Forum : Chiliboy toets glo wéér positief vir opkikker
Subject: 7621
Posted: 08-Mar-2019 at 6:00pm
Subject: 7621
Posted: 08-Mar-2019 at 5:29pm
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/chiliboy-toets-glo-weer-positief-vir-opkikker-20190308
Chiliboy Ralepelle het glo vir die derde keer in sy loopbaan positief getoets vir die gebruik van ’n verbode middel.
Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Dwelmvrye Sport (Saids) het Vrydag bevestig dat hy ’n kennisgewing aan die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) gestuur het “dat ’n speler positief getoets het in ’n teenmiddeltoets”.
Volgens ’n betroubare bron is dié speler glo die Springbok-haker Ralepelle, wat nog nie vanjaar vir die Haaie in die Superrugby-reeks in aksie was nie.
“Saids is nie in ’n posisie om in dié stadium die naam van die speler bekend te maak nie,” het Khalid Galant, uitvoerende hoof van Saids, Vrydag by navraag gesê.
“Nadat die speler sy reg uitgeoefen het om sy ‘B-monster’ te laat toets, sal ons sy die identiteit en die middel (waarvoor hy positief getoets het), bekend kan maak.”
’n Urinetoets word in ’n ‘A-’ en ‘B-monster’ verdeel. Die A-monster word in ’n laboratorium getoets. As dit positief is, kan ’n speler versoek dat sy B-monster ook getoets word, om die A-monster te bevestig.
Saids was na wat verneem word op 17 Januarie by die Haaie en dít is glo waar Ralepelle positief getoets het. Hy het sy spanmaats glo in die kleedkamer ná ’n oefening daarvan ingelig.
’n Woordvoerder van die Haaie het by navraag gesê hulle kan nie in dié stadium oor die kwessie kommentaar lewer nie.
Volgens die woordvoerder is Ralepelle nog nie in vanjaar se Super-reeks ingespan nie omdat hy nog ná twee knieoperasies herstel.
Die SA Rugbyunie (Saru) het by navraag gesê Wêreldrugby se regulasies verbied hom om kommentaar te lewer.
Ralepelle is in 2014, toe hy vir Toulouse in Frankryk gespeel het, twee jaar lank uit rugby geskors nadat hy positief getoets het vir ’n verbode anaboliese steroïed.
Die middel is toe in sy urine gevind.
In 2010 het Ralepelle en die Springbok-vleuel Bjorn Basson op ’n Springbok-toer positief vir die verbode middel metielheksanamien getoets. Albei het ’n dieetaanvulling gebruik in opdrag van die Bokke se kondisioneringspan. Hulle is uiteindelik in ’n tugverhoor onskuldig bevind en Saru het ná die uitspraak gesê hy moes dié aanvullings deegliker getoets het.
Saru het Ralepelle-hulle destyds om verskoning gevra vir die “stres en stigma” wat hulle moes verduur.
* Ralepelle is Vrydag om kommentaar genader, maar die speler was nie beskikbaar nie.