LionsWorld Forum : Bulle sonder Lood vir stryd teen Leeus
Subject: 7542
Posted: 25-Feb-2019 at 7:07pm
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/bulle-sonder-lood-vir-stryd-teen-leeus-20190225
Die Bulle en die Leeus sal Saterdag sonder hulle kapteins wees wanneer hulle mekaar in Johannesburg in die Jukskei-derby aanpak.
Terwyl Swys de Bruin, die Leeus se breier, op hete kole is om te hoor hoe lank die Springbok-agtsteman Warren Whiteley langs die kantlyn sal wees, het Pote Human, afrigter van die Bulle, self slegte nuus gekry oor sy kaptein, Lood de Jager.
Dié Bok-slot het ’n skouerbesering teen die Jaguares in Buenos Aires opgedoen en sal minstens twee weke uit wees.
Dit beteken die Bulle, wat reeds sonder ’n ander Springbok-slot RG Snyman (enkel) oor die weg moet kom, sal sonder De Jager wees in die komende derbies teen die Leeus en die Haaie.
De Jager sal Dinsdag skanderings ondergaan om presies vas te stel wat die omvang van die besering is.
Handré Pollard, die Bulle-losskakel, sal Saterdag die span op Ellispark in die Superreeks aanvoer.
Daar word in die Leeus se kamp asem opgehou oor die besering wat Whiteley Saterdag op Nuweland teen die Stormers opgedoen het.
De Bruin het ná die kragmeting, wat sy span met 17-19 verloor het, gesê die besering “lyk nie positief nie”.
“Ek het sy (Whiteley) reaksie in die kleedkamer gesien, maar ons sal maar moet wag en sien,” het hy gesê.
Indien Whiteley ’n borsspier geskeur het, sal hy moontlik die res van die Leeus se Superrugby-veldtog misloop en in ’n stryd teen tyd wees om die Springbokke se Wêreldbeker-groep te haal.
Whiteley het Maandag verdere toetse ondergaan en die Leeus sal waarskynlik Dinsdag ’n verklaring oor sy prognose uitreik.
Dit beteken dat die Springbok-losskakel Elton Jantjies die Leeus sal lei.
Die Zimbabwiër Eli Snyman, wat die naweek een van die Bulle se plaasvervangers was, is in die binnebaan om De Jager se plek in die tweede ry in te neem.
Met Hendré Stassen wat nog in Frankryk is en De Jager en Snyman op die krukkelys, word die Bulle se diepte op slot nou getoets.
Die agterspeler Johnny Kotze is uit die hospitaal ontslaan nadat daar verlede week breinvliesontsteking by hom gediagnoseer is. Kotze sal eers oor drie weke weer oorweeg kan word.
Herman Rossouw, spandokter van die Bulle, het intussen gesê die agterspeler Johnny Kotze is uit die hospitaal ontslaan nadat daar verlede week breinvliesontsteking by hom gediagnoseer is.
Kotze sal eers oor drie weke weer oorweeg kan word.
Die vleuel Travis Ismaiel en die voorspelers Roelof Smit, Jaco Visagie en Jano Venter sal die week saam met die span begin oefen, maar hulle is nog nie wedstrydskerp nie.
Snyman en die Bok-flank Marco van Staden sal oor sowat vier weke weer kan speel.