LionsWorld Forum : Krag teen krag in ‘nuwe’ SS-reeks
Subject: 7260
Posted: 23-Jan-2019 at 5:52am
Subject: 7260
Posted: 23-Jan-2019 at 5:20am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/krag-teen-krag-in-nuwe-ss-reeks-20190122
Die SuperSport-uitdaagreeks word vanjaar in ’n nuwe formaat beslis, soortgelyk aan hoe die Curriebeker-rugbyreeks die afgelope paar seisoene bepaal is.
Die spanne wat Curriebeker-status het – die Leeus, Blou Bulle, Pumas, Vrystaat, Griekwas, Westelike Provinsie en die Haaie – gaan in ’n enkelronde, die Bekerkompetisie, met mekaar kragte meet.
Spanne sal in die reeks, wat op 27 April begin, elk drie tuis- en drie wegwedstryde speel, met elkeen wat ook ’n loslootjie sal hê.
Die vier wat boaan die punteleer eindig, sal deurdring tot die halfeindronde, met die eindstryd wat op 22 Junie beslis word.
Die span wat eerste eindig op die punteleer en die eindstryd haal, sal gasheer wees.
Dit is ’n verandering aan die stelsel van die afgelope twee seisoene. Toe was die spanne in drie afdelings – noord, suid en sentraal – ingedeel, met die boonste spanne wat vir die uitspeelrondes gekwalifiseer het.
Wat betref wedstryde wat in 2019 regstreeks gebeeldsend word, het SuperSport aangedui dat hy die eindstryd sal uitsaai, maar op ’n weeklikse grondslag sal besluit watter, indien enige van die ander wedstryde, uitgesaai sal word.
Die spanne wat in die Curriebeker se Eerste Liga meeding, gaan in die Skild-kompetisie speel.
Die Boland, Suidwestelike Distrikte, Oostelike Provinsie, Griffons, Luiperds en Valke sal in dié kompetisie meeding.
Grens, wat onder hewige finansiële druk is, sal nie aan die kompetisie deelneem nie.
Die Valke, wat vanaf 29 Maart aan die Rapid Rugby-reeks in Asië gaan deelneem, gaan volgens gerugte met klubspelers of o.21-spelers van die Leeus en die Bulle aan die SuperSport-reeks deelneem.
Daar is ’n moontlikheid dat Zimbabwe en Namibië ook nog by die Skild-kompetisie ingesluit kan word.
Dié twee spanne se deelname is onderhewig daaraan dat hulle self vir hul reis- en verblyfkostes verantwoordelik is. Hulle moet ook die kostes dek van spanne wat by hulle gaan speel.
Namibië se Welwitschias moes hulle in 2018 op die nippertjie weens ’n geldtekort aan die Curriebeker se Eerste Liga onttrek.