LionsWorld Forum : SA rugbybase moet uittog stuit
Subject: 7197
Posted: 08-Jan-2019 at 4:36pm
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/sa-rugbybase-moet-uittog-stuit-20190108
In ’n tyd wat Suid-Afrikaanse rugby begin asem ophou oor die verwagte uittog van spelers ná vanjaar se Wêreldbeker-toernooi, maan die Springbok-haker Schalk Brits die land se rugbybase sal iets moet doen om dié ongewenste tendens te stuit.
Die Franse klub Toulon het in Desember beweer hy het reeds ’n kontrak met die Springbok-slot Eben Etzebeth gesluit.
Verlede week is daar in Engelse rugbykringe berig die Leicester Tigers is vasbeslote om al drie Du Preez-broers, Robert, Jean-Luc en Dan, by die Haaie af te rokkel.
Nou is daar gerugte dat die Bulle se Springbok-senter, Jesse Kriel, in die Northampton Saints se visier is.
Brits, wat vanjaar vir die Bulle Superrugby speel nadat hy lank vir Saracens in Londen uitgedraf het, waarsku Suid-Afrikaanse rugby verloor te veel ervare spelers.
Hy meen daar is ’n tekort aan deurwinterde, “ou manne”, veral onder die vaste voorspelers.
“Daar is nie meer spelers in die middelste vlak nie. Jy kry die Springbokke en dan die jong spelers wat hul eerste treë in Superrugby gee.
“Die manne wat die intellektuele kapitaal moet oordra, is oorsee.”
Hy sê daar word te veel van Suid-Afrika se jong vaste voorspelers verwag.
“Ons wil hê hulle moet op die ouderdom van 22, 23 of 24 Superrugby baasraak.
“Ek het dit eers later besef, maar jy is in rugbyterme nog ’n laaitie op 24.
“Jy word oor die jare met ondervinding, ’n paar klappe en die kere wat jou kop in jou agterent in geskrum word, ’n geharde voorspeler.
“Ek onthou altyd in 2005 hoe baie ek in ’n kort tydjie by die destydse Cats geleer het.
“Marius Hurter het van Newcastle (in Engeland) teruggekeer en ek het tussen hom en Os (du Randt) in die skrums gesak. Dit was ongelooflik waardevol.
“Ons het nie meer daardie mentors in ons rugby nie en dit is jammer dat daar so baie van ons spelers oorsee speel.”
Brits sê die plaaslike franchises gaan hul Superrugby-groepe vir langer as een seisoen bymekaar moet hou.
Daar moet byvoorbeeld by die Bulle ’n plan wees om die jong slotte RG Snyman en Jason Jenkins in Pretoria te hou.
Maar daar is, afgesien van die finansiële voordele, beslis ander voordele oorsee, sê Brits.
“Ek het al gewens ek het vroeër oorsee gegaan. My spel het op ander vlakke vinniger ontwikkel in die Noordelike Halfrond.
“My ingooi- en skrumwerk het baie verbeter daar. Ek vat niks weg van Superrugby nie, maar die fokus is veel minder op die vaste fasette.”
Brits sê daar moet ’n formule wees wat meer spelers in Suid-Afrika kan hou.
“Daar is by Saracens ’n crèche vir die spelers se kinders, wat dit ’n groter gevoel van gesinsbetrokkendheid gee.
Jy word oor die jare met ondervinding, ’n paar klappe en die kere wat jou kop in jou agterent in geskrum word, ’n geharde voorspeler.
“Dalk is daar ’n wettige manier wat ons belastingverligting aan ons spelers kan bied, want ons gaan nooit met die oorsese kontrakte kan meeding nie.”
John Mitchell, wat die Bulle in 2018 in die Superreeks gebrei het, het ook vroeër gesê dit is ooglopend dat die Suid-Afrikaanse spanne nie genoeg diepte het om die kompetisie te wen nie.
“Ons raai en suig duime om te dink ons kan ’n kompetisie van dié omvang wen met ’n handvol spelers van wêreld- of Superrugby-gehalte,” het hy verlede jaar ná die Bulle se teleurstellende veldtog gesê.