LionsWorld Forum : Muir uit: Bosch-twisappel in Haai-kamp
Subject: 7105
Posted: 03-Dec-2018 at 10:46am
Subject: 7105
Posted: 03-Dec-2018 at 10:42am
Subject: 7105
Posted: 03-Dec-2018 at 7:54am
Subject: 7105
Posted: 02-Dec-2018 at 6:50pm
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/muir-uit-bosch-twisappel-in-haai-kamp-20181201
Curwin Bosch is die klaarblyklike twisappel wat Dick Muir sy pos as die Haaie se aanvalsafrigter gekos het.
Muir, wat ’n jaarkontrak gehad het om Robert du Preez, die Haaie se hoofafrigter, as ’n konsultant by te staan, het die afgelope week gehoor hy is uit en David Williams, voormalige hulpafrigter by die Kings en die Cheetahs, is in sy pos as aanvalsafrigter aangestel.
Agter die skerms is die week aan Rapport gesê dat Muir en Du Preez se werkverhouding stram geraak het oor Du Preez se losskakel-seun, Robert jnr., en Bosch.
Die bewering is dat Muir as aanvalsafrigter ’n sterk mening gehad het dat Bosch op losskakel kans moet kry in die plek van Du Preez se seun. Du Preez was egter nie daarvoor te vinde nie en hy het met Robert jnr. op losskakel volhard. Dit het Muir gefrustreer en die verhouding tussen die twee afrigters glo laat versleg.
Die gerugte loop al lank dat Muir nie gelukkig is nie, veral omdat hy deur Gary Teichmann, die uitvoerende hoof, ingebring is om die Haaie se aanvallende spel ’n hupstoot te gee.
Buiten Williams het die Haaie Vrydag ook die voormalige Springbok-hulpafrigter Ricardo Loubscher as die nuwe agterlynafrigter aangestel.
Muir, wat ’n groot voorstander van aanvallende rugby is, is volgens bronne al die laaste ses maande van die seisoen ongelukkig oor Du Preez se halstarrigheid om Bosch nie op losskakel speelkans te gee nie.
Du Preez het verlede week in ’n onderhoud met Rapport ontken dat hy enige van sy seuns voortrek. Hy het ook gesê dat Muir nie bedank het nie, maar sy termyn by die span bloot verstryk het.
“Dick is as ’n konsultant vir die 2018-seisoen aangestel en ná afloop van die seisoen, het die Haaie besluit om in ’n nuwe rigting te beweeg, so dit is nie waar dat hy bedank het nie,” het Du Preez gesê.
“Dit is nie ongewoon vir afrigters om oor taktiek te verskil nie. Ek glo ons afrigtingspan het in die 2018-seisoen goed saamgewerk ondanks ons verskillende ‘rugbyfilosofieë’.”
Muir wou nie by navraag oor die aangeleentheid praat nie. In Haai-kringe word sy vertrek egter toegeskryf aan sy siening oor Bosch.
Bosch is as een van die belowendste spelers in die land beskou en die Haaie het destyds hul hand diep in die sak gesteek om hom Durban toe te lok.
Terwyl Muir blykbaar glo hy is ’n beter losskakel as heelagter, gebruik Du Preez hom net op 15, met Robert jnr. wat die nr. 10-trui dra.
Du Preez het die week aan Rapport gesê die Springbokke het Bosch as ’n heelagter gekies, en die Haaie beskou hom ook as ’n beter heelagter as ’n losskakel.
“Die Haaie is geseënd om twee goeie losskakels soos Curwin en Robert te hê. Curwin is as ’n 15 in die Springbok-groep gekies en ons het hom elke geleentheid gegee om in daardie posisie te speel. So ook vir Robert.
“Ek wens Dick alle voorspoed toe en bedank hom vir sy bydrae in 2018.”
Buiten vir sy diens by die Kings en die Cheetahs het Williams ook by Kobe Steelers in Japan en in Engeland die klubspan Bath help afgerig.
“Ons het ’n deeglike proses met onderhoude gevolg om ’n nuwe aanvalsafrigter aan te stel en David het ons werklik beïndruk met sy visie,” het Du Preez gesê.
“Hy het ’n skerp rugbybrein en hy sal ongelooflike waarde tot ons aanvallende spel toevoeg.”
Oor Muir het die Haaie in ’n verklaring gesê “hy is ’n geagte figuur onder die spelers en almal wat saam met hom gewerk het”.
Gary Teichmann, die Haaie se uitvoerende hoof, het Rapport se versoek om kommentaar op WhatsApp gelees, maar het nie gereageer nie.